Joberg2Blouberg for Hilde & Danie Enslin trio
This week I received a text to collect a few bikes that have been used extensively for a bikepacking trip. I didn’t know at the time just quite what an amazing trip it was. And it is not the first time that’s we’ve featured a Joberg2Blouberg type excursion on #bicyclecouriers – just have a look at what Philip de Vos and Ernest & Marinda have been up to.
But this time it was Hilde & Danie Enslin and their mate on the ‘offline’ bike’s turn. And just look what the 3 of them have accomplished! Circa 1500kms from JHB to CPT, around a month out in nature, and one hell of a story to share with the next generation. By the way: they are Afrikaans, I am Afrikaans, and the story is in Afrikaans. Except for the intro, the words are those of Hilde, verbatim, as shared with us and on social media. Here we go!
Joberg2Blouberg roete in ‘n neutedop
Kan dit rofweg in kwarte opdeel: start to Bloem // BFN tot Gariepdam // Karoo tot in Sutherland // Sterre tot See. Daagliks lyk dit soos volg: Barage → Parys → Kokolofitwe, game lodge outside Vredefort → Kroonstad → Hennenman → Virginia → Theunissen → Brandfort → Bloemfontein → De Oude Kraal, south of BFN → Trompsburg → Priors Grange, outside Springfontein → Gariepdam → Colesberg → Hanover → Wortelfontein → Richmond → Bloemhof Karoo → Victoria West → Loxton → Fraserburg → Celeryfontein → Sutherland → Matjiesfontein → Worcester → Wellington → Bloubergstrand
Joberg2Blouberg visual route map across South Africa
Ek het nognie die GPX files of strava entries gesien nie maar volgens die bg sal die roete soos volg lyk, soos die kraai vlieg. About 1500kms vanaf JHB tot by die see. En regdeur die stilte van die land. Pure bliss. Here is a bird’s eye view of what they have done:
Joberg2Blouberg day-by-day
Hilde has certainly outdone herself and unintentionally written a novella, circa 15k words, so we might very well split it up into a 4 part series or more and feature it, translated into English for our international audience, on https://cyclotourism.co.za/ as follows:
- Joberg2Blouberg part 1: Start to Bloem
- Joberg2Blouberg part 2: BFN to Gariepdam
- Joberg2Blouberg part 3: Gariep to Sutherland
- Joberg2Blouberg part 4: Sterre tot See
Sondag 9 Maart 2025: Joberg2Blouberg Day 0—IT’S HAPPENING!
As julle gedink het ek kan nie erger nie. Môre ry ek met ‘n vol trailer èn panniers. Albei!! , double whammy. 🙈😂 ‘Story of my life’, selfs ek het nie gedink ek sal so mal wees nie. Ek het die ‘Mad Swede’ se setup gesien en was duidelik geinspireer. Ek sal maar môre rapporteer, of ek die hele spul in die Pudo gaan gooi en huistoe stuur. ‘My dalk ‘included!’ Daar was so bietjie gecheat vandag. Ons het Jonathan gevra om ons na die eerste oornag plek te neem met die kar. Danie het ‘n werks ‘issue’ gehad, asook was daar ‘n dreigement van reën.
Ja ja, ek weet,
maar mens wil nie op dag een al sopnat gereën en bedremmeld by jou bestemming aankom nie. Dit sal baie traumaties wees en demotiverend! ..Én mens het nog nie jou common sense langs die pad verloor nie. Dit kom eers na dag 2 of 3 of iets! Die kar was tot bo toe vol gepak en dit was ‘n scary gedagte dat alles daai, op ons fietse moet pas, kom môre. ‘I will let you know how well that goes.’ Ek kon nie ‘n ‘Honey I shrunk the kids’ thingamajig by Temu kry nie. Mens sou verwag hulle sal dit hê. Hulle het mos alles! 😂😂 Die bou van die fiets setup en alles oor uitfigure het 2ure gevat en ons laai eers finaal die trailers môre oggend. Ek sweer, as ek ‘n dakrak op ‘n vliegtuig kon sit sou ek!
Om alles te kroon,
sit ons nou elk met ‘n ekstra stel klere en ek met elektroniese toerusting wat ek nog moes kyk watter op die agterkant van die fiets kan pas, met die trailer klaar gelaai. Nou sit ek met almal en nie een wil anyway werk nie. Dit verdwyn agter al die pakkasies in soos ‘n selfbeeld in ‘n klomp vetrolletjies! Om alles te kroon het ek vergeet om al die sakke en ekstra drybags én bungee cords terug te stuur in die kar. Nou moet ek dit ook nog iewers in prop. My nuwe naam wat ek met ‘honnor’ sal moet dra. ‘The MPC… Mad Pink Chicken’ 🙈😂😂 P. S Ons bly by ‘n ongelooflike mooi plek en dit sou terrible gewees het om soos ‘n klomp ‘Mud men’ hier in te geval het.

Maandag 10 Maart: Joberg2Blouberg Dag 1—BARRAGE na PARYS
Dis vreeslik as werk inmeng met jou fietsry. Ons kon eers baie laat weg kom vanoggend of eerder vanmiddag en ek was baie bly vandag was ‘n kort dag. Die eerste dag se ry is altyd soos die eerste pannekoek wat jy bak. Met my oorlaaide fiets het ek eers ‘n ent geloop om die ‘feel’ te kry van die ‘setup’ voor ek opklim. Skaars op die fiets en daar ‘wipe’ ek amper uit in die eerste 50m. Hy hanteer homself toe glad nie soos ‘n graisseuse ballerina nie maar eerder soos ‘n seekoei wat probeer wiggle soos Elvis.
Ek het net so gil gegee…
en dankie tog toe skrik die fiets so, hy ry sommer weer reguit. Dit was absoluut ‘terrifying’ en ek het vir Danie gesê geen 90° draaie vir my nie. Die eerste afdraande dog ek ek staan om die nether regions te spaar maar daar maak my fiets weer amper soos ‘n perd wat onder my uit wou sluip. Dis die vinnigste wat ek weer gaan sit het. Ek het net probeer stadiger gaan sonder om iets drasties aan te vang. Dis wat jy kry as jy die hele ding ‘confuse’ en sommer al die op oplossings gelyktydig op jou fiets wil plak. Danie het weer met twee pannier tubes gery wat soos twee gun holsters langs sy voor shox vas gestrap was.
Die mens se liggaam en brein is eintlik fantasties.
Ek het gou ‘n beter ‘handle’ op die ‘setup’ gekry behalwe met sand. Jy kan nou maar doen wat jy wil maar sand het sy eie lewe. Ek het amper twee keer neer gekom. Die tweede keer was regtig baie naby en toe ek begin grond toe gaan spring ek wydsbeen af en doen ‘n Sumo warrior stunt en verander in ‘n tripod, reg vir watter kant die fiets kies om om te slaan. Ek was vrek lucky en het regop gebly. So 60 jarige ou lyf luister darem nog vir Adrinalien. Geen wonder ek sit al 8uur en gaap nie. Gelukkig het my ouderdom ‘induced’ onoplettendheid my van ‘n groot val gered want terwyl ek met my GPS gelol het, het ek reg by ‘n Pofadder, in die middel van die pad verby gery.
Ek het net Danie hoor roep.
Sou ek skielik my handelbaar ruk van die skrik, was dit dalk ‘n plat soos ‘n pannekoek Pofadder. Dit sou die meer gunstige ultslag gewees het. Die ander weergawe van die Prinses en die padda sou baie sleg vir my uitgewerk het! Danie het ‘n foto van die hakskeen byter geneem, maar ek sal dit later eers kan stuur. Ek het wel later bitter groot geskrik want toe ons op die Parys teerpad bult af ry oor ‘n brug, gaan en ek so ewe wintie vinniger af as wat ek behoort. Daar begin my fiets ossilleer. Ek het so groot speedwobble dat ek amper dizzy wou voel. Om power te gee en jouself daar uit te trek was nie die oplossing nie en somehow het ek stadiger gegaan en Magrietjie swaai boude het haar nonsies laat staan.
Opdraande is lekkerder.
Kan julle glo ek sê dit! As jou trailer jou terug wil trek werk dit soos ‘n ‘drogue’ anker. Dit hou jou reguit en steady. Ver beter as om andersom te stoei! Die spulletjie is soos ‘n steeks donkie. Hy wil doen wat hy wil doen. Ons het vanaand met ons fietsies en liggies Spur toe gery vir aandete. Met alles los en af gehak het ek weer geslinger net omdat die fiets skielik te lig was. Dis werklik ‘n uitstekende Spur. Aan te bevele verseker. Al fout was, hulle het so ‘n groot gebakte aartappel op die bord gehad dat ek skoon paniekerig geraak het en al het ek hoe hard probeer kon ek dit nie alles opeet nie.
Die reuse ‘carafe’ summer cooler het ek geen probleem mee gehad nie en het sommer twee van hulle in geasem. Môre is self catering in die Boendoes, so die trailers gaan nog swaarder wees, maar Danie gaan eers ‘n draai maak by Courier Guy. Ons bly vanaand in ‘n kalmerende groen kamer by Mirabels. Ek sien uit na klasvakie se besoek! Arme Danie skoffel nog om sy verlore tyd in te haal.

Dinsdag 11 Maart: Joberg2Blouberg Dag 2—PARYS na KOKOLOFITWE
Dit was ‘touch and go’ of ons het nie gery nie. Dit het gereën. Reën is net ‘n gemors van kant tot ent! Die fietse het nog ver om te gaan en kan nie nou al met modder af geskryf word nie en dis nie asof daar ‘n mechanic met ‘n hele trok vol spares en tools vir jou op die ‘ finish line’ wag nie. ‘This is not that kind of tour! ‘Op die ou einde het ons, na Pudo en shopping eers 14:00 se kant weg gekom. Danie het ‘n wavrag goed terug ge-Pudo (6.9 kg se ‘worth’ van meestal tools en spares) dit om plek te maak vir die kos en dinge wat ons vir vanaand moes saam dra.
Ek was getask om die groceries te gaan koop
…en daar vergeet ek om ‘n slaai of iets te koop en ons aandete was toe net ‘n snytjie kaas, ‘n stukkie wors en ‘n kaas rolletjie en dit was dit! O ja, darem appels en ook Oats so easy vir breakfast. Ek het my hele Pakkery ‘revisit’ en ek dink dit het beter gegaan na die eerste 20km. My bydra tot die 6.9kg was net twee ‘back bike lights’. Die Meervalletjie rok wat ek weens ons afslag dag mee sit het net te handig te pas gekom. Ek het sommer gisteraand dit oor my kop gegooi en in ‘full flare’ soos Marilyn Monroe, op my fietsie Spur toe gewapper in die wind, met ook hakkie sandale. Maar vandag, weereens die sand, o weë die sand tog. Vandag was daar dik sand en ek moes dríé keer my Sumo moves pull.
Op stadiums het ek probeer stoot.
Daar was plekke waar die sand waarin ek in geslinger het, so diep was, my trailer het op sy pensie deur geskuur. Ek kry toe ‘n dejavu van by die PePlett waar die voorwiel so die heeltyd onder my wou uitgly en dit tref my skielik, dis daai ‘impostor’ van ‘n voorband wat Spesialized skelm op my fiets gesit het in pleks van die een waarvoor ek gevra het. ‘n Butcher band is soos sy naam. Hy vat nie nonsens van klein kaboutertjies nie. Die ‘unwanted’ Purgatory band se naam sê dit sommer alles, veral as jy ‘midway’ tussen val en regop bly rond speel.
Vir die wat dit nie weet nie,
die is twee van die modelle van die Spesialized se bande reeks. Agter op het ek Eliminators en ek dink dit klink sommer ook net beter. My senuwees is nou al gaar soos ‘n hobo se ou flenter broek en ons is nou eers op dag 2 van ry. Die reën het ons darem uitgelos, maar vir ons lieflike, redelik stofvrye paaie gelos. Bonus! Behalwe dat ek en Danie amper met ‘n mondvol beesmis opgeindig het. Terwyl ‘n koei dodgems speel met Danie ry eers hy, toe ek, een na die ander deur ‘n reuse vars landmyn. Vir km’s daarna het dit net beesmis gereën. Sies man!! PS. Ons was darem betyds 5uur hier vir Danie om die ‘go life’ van ‘n stelsel te oorsien.

Woensdag 12 Maart: Joberg2Blouberg Dag 3—KOKOLOFITWE na KROONSTAD
As die Natuur besluit jy het ‘n ‘travelling companion’ nodig dan voel mens baie spesiaal. ‘n Groot rooi en groen sprinkaan het so ewe op my skouer kom sit, reg langs my wang soos ‘n budgie en rustig saam met my gery terwyl hy die wêreld uitkyk. Natuurlik na ‘n paar km’s dink ek dit sal nogals ‘novel’ wees om wederegtelik, soder sy toestemming, ‘n selfie te neem. Hy het mooi daar bly sit tot ek die kamera so voor ons hou en toe sien hy homself op die kamera en ek weet nie of hy te vet gelyk het of nog nie sy hare gekam het nie maar net toe ek die knoppie wil druk, ‘sadly’ vlieg hy daar weg!
Ons was skaars 10km weg toe ons ‘n groot verrassing tref.
Die brug waaroor ons moes gaan het gedeeltelik weg gespoel en reuse bome het hulle laaste rusplek daar gevind. Die rivier wat laas onskuldig en het kalm en rustig gevloei, nou het dit kwaad gelyk. Nog nie tevrede met die verwoesting wat dit gesaai het nie. Die fietse en trailers moes een na die ander oor die bome getel word. Ek het net benoud bly kyk na die klein ledge waarop ons almal moes loop en was baie bly toe dit oor was. Dit was egter nog nie die einde van die water se verwoesting nie.
Net ‘n ent verder, het ons ons weer vas geloop in ‘n uitdaging. Daar was groot afvoer pype wat onderdeur ‘n baie kort laagwater bruggie, kaal en ontbloot soos ‘n skilpad sonder ‘n dop, vir ons gestaar het. Bietjie soos ‘n haasbek met oral segmente van die pype wat net eenvoudig los geskeur het van die struktuur. Dit was darem heelwat makliker om oor dit te kom as die brug.
Ek het bietjie gesukkel vandag –
en dit was asof my lyf gevoel het hy het die Iron infusion gister gemis. Ek gaan, maar weet nie of ek mag nie, vir die volgende paar dae ysterpille drink tot ek in Bloemfontein my 5de dosis yster kan reël. Ten minste het my fiets hom baie beter gedra. Na ‘n bietjie tweak hier en daar was die balans mooi. Ek het fotos geneem incase ek vergeet hoe dit gepak was. Die ouderdom jy weet! Ek het ook die risiko gevat en die voorband bietjie af geblaas, wat weer ander probleme kan veroorsaak en alhoewel nie idiaal, het dit tog beter gegaan met die sand. Paar close calls, net 1 afspring en een kort ent se stoot.
Dit ten aanskoue van ‘n beeswagter wat baie vriendelik gelag het.
Die mense hier rond is baie vriendelik en ‘n paar boere het by ons kom stop en chat. Met Danie ook by die winkel waar hy die fietse op gepas het. Almal toot (my soms groot laat skrik) en waai as hulle verby kom en selfs die trokke het ver en wyd by ons verby gery. Dit was ‘n baie aangename verrassing. Natuurlik het ek so 15km voor die einde net gevoel ek kan nie meer nie. Ek stoei toe al ‘n rukkie wat my bene net meer en meer ‘useless’ raak en besluit nou moet ek stop en van my ‘energy drink’ drink, wat toe uitkom om vrot water te wees.
Hoe dit geruil geraak het, weet ek nie. Toe Danie egter by my stop sien hy my trailer bandjie is heeltemal pap. Pomp wou dit nie uitsorteer nie en ek was dankbaar Danie is so ‘n bekwame ‘bike mechanic’ want hy het dit gou vir my gefix. Alhoewel moeg, kon ek darem weer aan die gang kom en was bly toe ons klaar is. Ek het nie tyd gehad om alles te doen wat nodig was nie en moes toe net so vuil gaan eet.
Ek het net op ‘n plastiek sak gesit.
En ek was darem nie vol modder nie maar het verseker na ‘n dag op die fiets geruik. Ek het uitgesien na die rusdag maar Greg het gevoel ons moet nie ‘n rustdag neem nie en ons gaan nou vir nog 4 dae moet deurdruk tot by Brandfort. Hoop net die ysterpille werk. Anders gaan ek harde bene kou! Danie het ‘n gedig geskryf oor ‘n duiweltjie wat op my skouer sit omdat ek by Kokolofitwe my illegal toffees uitgehaal en verplaas het en ek was baie perplexed en krapperig as gevolg van dit. Compliments van Danie: ‘Ek het ‘n doring in my skoen; En ‘n duiwel op my skouer; Ek kon my toffies nie sien; Maar het dit gevind in ‘n houer… ‘ 😂😂😂😂

Donderdag 13 Maart: Joberg2Blouberg Dag 4—KROONSTAD na HENNENMAN
Ek het gewag om vanoggend eers te rapporteer. Gister sou ‘n heel ander storie gewees het. My brein het gaan time out vir sy eie sanity. Ek was bly om my kop op my eie pienk sy slopie neer te lê. Kon nie my en kussing bring maar slopie is hier. Ek en my bene was bietjie bietjie moeg. Ons het die voorreg gehad om leeus en renosters te sien, darem agter dubbele ‘electrified’ heinings en ek was bly vir die verskoning om te kan stop. Verkeerde dag vir rooi! Die een meneer het uit sy lui lekker middag slapie spesiaal opgestaan en heel ‘menacing’ nader na my geloop en my stip aan gekyk. Hy was nie gebother met Danie wat nader staan en fotos neem nie. Hy het net oë gehad vir die lekker ‘fattened up morsel’ in die ‘bloodstone’ hemp.
Ek het wel groot geskrik vandag.
By die gaste huis met die mooiste, vars gesnyde groen gras was dit tyd vir fiets was en housekeeping. Ek was besig, in my handige meervallertjie rok wat op die ou einde die ding is wat ek omtrent elke dag dra, om my wasgoed op te hang op my pienk wasgoedlyn wat ek in die boom gehak het, toe ek skielik sopnat is. Die besproeings sisteem het in geskop en ek het mooi tussen drie ‘water guns’ gestaan met my wasgoed in die middel. Tot ons pas gewasde fietse is ook weer besprinkel en ek moes blitsig die krag ontkoppel waar my fiets staan en charge. Hermi hier van die Oase gastehuis het vir ons die heerlikste gevulde pannekoeke met ‘proper juicy’ vleis ?(pulled beef) gebring vir aandete. Sy het ‘n absoluut spiekerish skoon en aangename gastehuis en is baie ge-organised met boorgat water en solar.
Blykbaar het Hennenman nie eintlik altyd water nie.
Die boorgat werk net nie met loadshedding nie. Vrystaat gasvryheid en tuisgebakte beskuit vir breakfast en Afrikaans wat sag op jou ore val. Hermi praat vlot Sesotho. Sy lyk in haar vroeë vyftigs maar is reeds 61. Ook ‘n ’64 babatjie. Duidelik is die Vrystaat se vars lug goed vir ‘n mens. Ek is egter nog ‘bleary eyed’. Ek is baie dankbaar dat Danie laas jaar se lang afstande bietjie opgesplit het met meer stoppe tussen in. Kop en bene kry nou ‘n ‘peptalk’. Hou beentjies hou!!

Vrydag 14 Maart: Joberg2Blouberg Dag 5—HENNENMAN tot Goldfields, VIRGINIA
Ons was lucky vandag met ‘n ‘Tail wind’ wat ons haastig en verseker nie lastig gestoot het. Mens gaan heerlk vinnig maar dit is tjoep stil in jou ore. Nie ‘n suis nie! Danie het egter bietjie die wind van voor gekry die laaste twee daeô. Gister was hy amper 10km agter ons, vas gevang met werk. Wydsbeen oor sy fiets onder ‘n boom moes hy oplossings vind en vure dood klap op sy foon. Sy laptop was te diep weg gepak.
Vandag was ons skaars weg of hy kom agter sy ‘gear shifter’ werk nie meer nie. (Ons was eers bekommerd water is die oorsaak want twee keer in die nag het die sproeiers af gegaan en ons kon hoor hoe die fietse sommer so van dwars af nat gespuit word. Draai toe terug na die Savanna Pub en Grill en die gawe man sluit vir ons sy poolkamer oop sodat ons ons fietse boots and all daar kan intrek en Danie veilig sy shifter kan uitsorteer. Ons besluit toe om hulle te ondersteun om eet sommer ‘n toastie daar vir lunch. Dit kom toe met sommer ‘n vet stuk ham.
‘n Boere toebroodjie!
Ek is vas oortuig dit het my die nodig hupstoot gegee om vandag suksesvol te kon ry. In ‘n verlate veld waardeur ons sny voel dit of my trqiler ‘n sidestep doen en ek besluit om te stop sodat Danie net kyk of my safety pin wat alles aan mekaar hou, nie dalk uit gekom het nie. Sal hy sien my rear axel het los gekom. Ek is vas oortuig ek sou totaal af geskryf gewees het sou hy uit gval het en die trailer se raam in my wiel in gesteek het. Ek is bitter dankbaar dat mens jou fiets se ‘feel’ so goed begin ken dat jy weet iets is nie lekker nie. Vanaand is dit windstil en ons lê nou en luister na die leeus wat brul hier iewers naby ons. Dis super spesiaal!

Saterdag 15 Maart: Joberg2Blouberg Dag 6—VRGINIA na Anders@koppiesvlei THEUNISSEN
Vandag het ons al met die verlate treinspore langs gery en gewonder, waar is dit alles heen. Die geraamptes van die verlore krag kabels wat se oorblyfsels soos weggooi toue langs die spore gekronkel lê. Ons het gister aand heerlik langs die rivier, in ons veilige bedjies gelê en luister na die brul van leeus.
‘n ‘Giant Kingfisher’ het ons kom wakker klop aan die skuifdeur venster en toe ons nie roer nie het hy aanhoudend geroep. Glad ook nie bang vir ons toe ons wel by die deur uit strompel nie. Dalk was dit ‘n waarskuwing want toe Danie kyk was die eerste blou appie besig om daar by ons fietse rond te snuffel en al my energybars is in die fiets se handlebar bottel houers gebêre. Danie se trailer was toring hoog gelaai, en dis nie lank nie of sy hele trailer raak buite beheer in die droë modder ruts op ‘n laagwater brug.
Hy was self bitter verbaas
dat hy nie neer gekom het nie en het toe in Theunissen by die OK foods, wat vir klomp jare in ‘n ry die beste Franchise gewen het, se parkeer terrein, sy sak ge-rearrange. Duidelik is daar ‘n probleem in Theunissen want dis die eerste plek waar ons glad nie met ons kamelbaks op ons rûe die winkel toegelaat is nie. Terwyl Danie pak en tekere gaan het ‘n paar toeskouertjies opgedaag wat alles op die fietse mooi deurgekyk het en op Danie se se foon, wat op sy handlebar gemount is in gezoom het. Daar was al hoe nader gekom met die skouer en een arm al deur die heining geleun reg by die foon toe ek maar oorstap en reg daar gaan staan.
Hulle het toe vreeslik onder mekaar begin praat en redeneer.
Ons het hoeka by ‘n klomk millitaristiese polisie manne verby gery net na Goldfields. Theunnisen het egter hulle eie drie Girrafes sommer net daar op die hoek van die dorp langs die kerk, met hulle huisie se dakkie net so hoog soos die kerk sin. Langs hulle ‘n Gemsbok wat luilekker lê in die gras. Ons eindpunt, ‘n plaas so 10km buite Theunissen. Met ‘n perd en ‘n donkie, ‘n mak skaap wat mens baie ‘quizzically’ aankyk asof jy ‘n allien is, tonne honde en een larger than life Shetland Ponie wat daar rond hardloop en ‘n vreeslike show opsit maar eintlik net ‘n klein stoutgat is. Hy het Danie se Bibshort wat oor ‘n stoel besig was om droog te werd mooi gaan afhaal.
Dit het hard gereën en storm deur die nag.
Die alarm het vroeg op die fietse begin blêr as gevolg van die wind, maar ons was reeds wakker. Ek weet nou hoekom boere saam met die hoenders gaan slaap want die flippen goed kraai mens wakker in die middel van die donker nag. Tot die ‘mini me’ rooster met sy piep stemmetjie het sy beste gedoen om al wat leef en beweeg wakker te maak. Ek het die Kingfisher se klank en tydsberekening baie meer waardeer.

Sondag 16 Maart: Joberg2Blouberg Dag 7—THEUNISSEN na Amanzi, BRANDFORT
Anders@koppiesvlei is ‘n moet as jy oornag plek soek naby Theunissen. Die eienaar Nelrize is baie knap. Sy besit twee gastehuise, en doen al haar decor en selfs skoonmaak daarvan self. Dan het sy ‘n Winkel in die dorp en by haar huis ‘n Restuarant/Saloon en sy gee kunsklasse ook nog. Sy het geen skoonmaak personeel nie en haar plek is so skoon, jy kan die vloer af eet. Daar is soveel history hier vasgevang van haar oupa en oud Pres CR Swart en Verwoerd. En dan die diere! Onderandere ‘n Skaap wat dink hy is ‘n hond en ‘n donkie wat dink hy is ‘n perd en ‘n Shetland ponie wat dink hy is ‘n reuse groot hings.
Uiteindelik is ons veilig in die Natuurreservaat buite Brandfort.
Ons het onder die reën uit ry van so aard dat my beentjies sommer soos ‘n windmeul in ‘n storm gedraai het, dit tot ek uit stoom gehardloop het, toe verander my koets in ‘n pampoen. ‘n Dekselse swaar ‘mutant’ pampoen. Gisteraand het ons gesukkel om te slaap met al die Donderweer, weerlig en skottels wat heelnag teen die muur klangel. Ek dog eers iemand is besig om middernagtelik in die tuin te skoffel so tussen die weerlig deur. Dit het werklik gelyk asof ons sopnat gaan reën toe ons opstaan en begin reg maak. Ek was gepanser aangetrek in my seuntjies Leatt broek en warm wessie. Daar het egter net hier en daar ‘n paar druppels ons geterg.
Net genoeg om ons vinniger te laat ry het,
maar dit was ‘n ‘cruel joke’ want dit was vandag opdraande al die pad. Ons het ons beste probeer om weg te hol vir die reën, soos ‘n stout vlakvark wat nou net op heterdaad betrap was besig om ‘n jakkals se gat te steel, so al met die stertjies pen orent in die lug en beentjies wat so vinnig wwrrrr maak! Mens sou sweer ons gaan iets oorkom van bietjie reën. Wel op ons ouderdom kan mens nie te versigtig wees nie. Agter elke ‘nook en cranny’ kruip daar ‘n nuwe kwaal uit. My beentjies het woes gerebelleer teen hierdie malle gejaag alhoewel die grondpad vandag soos ‘n Kyalami baan was. Eerste prys vir die gladste grondpad ever!
Natuurlik was my links en regs weer deurmekaar –
en ek jaag vooruit en draai links by die T eerder as regs. Ek laat wiel rustig voort tot ek skielik bespeur dat die 24km wat nog oor was nou in 86km verander het. Toe weet ek. ‘Not again Elvin!!’ Dis die gouste wat ek ‘n u’ie gooi. My fiets en ore het amper alleen verder sonder my gery soos ek anders aan slaan. Ons almal weet mos nou al van my reputasie met rigting beduiwelgeid! Miskien as ek vergeetagtig begin raak van ouderdom kom ek oral waar ek hoort omdat as mens begin vergeet en verkeerd ry sal ek dan perongeluk reg ry. ‘Come to think of it’ dit kan dalk ‘n bargain in my ou ouderdom wees. Ek sal hoofmeisie wees op al die uitstappies! Anyway, my GPS speel so ewe elke keer saam en wys heel ‘confident’ die roete asof dit reg is!
Fillestyn!
Hierdie ‘artificial intelligence’ of wat ookal dit is wat hierdie instrumente hulleself verbeel hulle het, dit maak probleme! Hulle kan sommer self, sonder om te vra gou vir jou ‘n nuwe pad bou sonder dat jy eers agter kom!! Niks my skuld nie!! Na die malle gejaag was ek bitter bly toe ons die reservaat in ry maar my oë so groot soos pierings toe ek die opdraande sien waarteen ons nog moet op om by ons chalet te kom. Maklik ‘n helling van tussen 20 en 25%. Ek het omtrent plat op die handlebar gelê soos ek opwaards stoei en voeter amper agteroor van die skrik toe ek oë sluit met agt ander oë wat elk toegerus is met sy eie been. Die beentjies wat teen die spoed van wit lig reguit oppad is na my neus met twee van hulle in
‘Ninja mode’
Ek kon sweer ek het ‘n klein stemmetjie hoor Skreeu ‘Kiai!’ Nou soos ek hier skryf hoor ek weer ‘n leeu. Dit klink asof hy hier reg langs ons kamer is, net soos by Goldfields. Die diere op ons roete sover verskaf my oneindig plesier. PS Behalwe die spinnekop! O en die slang!! Vanoggend het die cute donkie, wat so bly was om sy perd maatjie te sien, verwoed gebulk en te kere gegaan terwyl hy probeer snuffel ook nog. Hy was uit sy vel uit gelukkig! Kosbare tye!

Dinsdag 18 Maart: Joberg2Blouberg Dag 8—BRANDFORT na BLOEM
Gister was ‘n moeilike dag en ek het heeltemal gecrash and burn gisteraand. Ek het net mooi geen housekeeping gedoen nie. Die klein rebelletjie in my het net op ‘n totale staking gegaan. ‘Touch and go’ ‘n honger staking ook maar ek kan my ‘luck’ net sover push. My sitbeentjies gaan my vir altyd verwyt. Was ek ‘n animales het Sitbeentjies, my beslis by die SPCA gaan aan gee. Ek het vir ‘n moeilike lang dag ‘mentally en emotionally’ voorberei maar dit was net ‘something else’ hierdie dag van ‘torture!’. Toe ons op ons fietse klim begin dit reën en ek spring in my oranje superwoman suit, net om ‘n paar kilometers verder dit te moet uit trek toe dit te warm word met geen reën wat soos mis voor die son verdwyn het. Min wetend, dit speel net peek-a-boo!
Ons het langs ‘n treinspoor beland,
want ons het ‘n verkeerde afdraai gevat. Die probleem was egter, ‘huge’ diep modderigge waterpoele en ek het meeste maklik deur gekom en ander touch en go en een nie en moes voete plant in die modder. Met die terug draai, was ek nie so gelukkig nie. Ek verloor beheer oor die fiets en gelukkig jaag ek met my voorwiel teen die wal op en het met net een skoen, buite die modder gemors, myself kon plant. Ek het my skoen soos ‘n ‘snow picket’ tussen in die graspolle ingeslaan om te keer dat ek en alles terug gly in die vingers van die modder monster wat baie lus was vir my. Agter my was al die res, insluitend my trailer op hulle sy in die modder.
Met ‘n huff en ‘n puff
…moes ek alles regop kry en teen die wal op stoot. Uiteindelik terug op die pad loop ons ons vas teen ‘n nuut opgerigde draad heining en geslote hek en moes weer al die pad terug ry Brandfort toe om deur die dorp, agter om, te gaan om ons pad weer te vind. Skaars aan die gang, op ‘n ongelooflike erg ‘corrugated’ grondpad wat soos klein golfies lyk, maak die hemele oop en gooi bakke water oor ons koppe uit. Teen die tyd wat ek my Oranje Supermanjassie aan het, was ek anyway sopnat en in die proses verloor ek my keppie wat tussen my helmet en kop uitgesluit het. Terwyl ons so deur die modder en corrugation gly in die reën is ek saliglik onbewus van my verlies tot 5km verder toe ek dit op my kop begin soek om dit oor my bril te trek vir die reën.
Arme Danie moes ‘boots and all’ terugdraai,
en het in totaal van 10km ekstra moes ry wat hom later duur te staan gekom het. Ek was egter baie dankbaar dat hy my keppie gekry het want die helmet het my nat voorkop begin stukkend skaaf. Alhoewel die roete een van die mooiste nog was, het ek so gekonsentreer op die pad dat ek baie van die asemrowende natuurskoon gemis het. Eers toe Danie vir my daarop wys, het ek begin oplet. Ek was later baie gelukkig om die Arend op ons pad ook raak te sien. Dit bly maar ‘n wonderlike spesiale gesig om te sien, asof jy ‘n ‘Chance sighting’ van ‘n rolprent ster kry. Dit was egter nie die laaste challenge vir die dag nie. Toe ons by die gastehuis kom moet ons styl bergop ry, maar as ek dê stýl, speel ek nie.
Dit was iets verskriklik en
Danie moes die laaste gedeelte sonder battery ry met al ons water supply van maklik 8 kg of meer. Compliments van my en my keppie. Dis ook nie al nie. Hy moes nog seker meer as ek dink 2km extra, meestal opdraande, verder ry want, al weer ekke!! Toe ons bo kom kyk ons in ‘n drie verdieping plek vas met net sulke styl trappe tot heel bo waar ons kamers sou wees. Die eienaar stap af en vra: ‘Benodig julle blyplek want ons is vol bespreek? Heel ‘confident’ sê ons nee, ons het bespreek. O weë! Ek het die booking vir vanaand gemaak en nie gisteraand nie omdat ons oorspronklik twee dae by Amanzi sou bly.
Heeltemal vergeet daarvan.
Ek moet egter sê, in retrospek was dit ‘n ‘blessing in disguise’. Nie een van ons het kans gesien om alles op te ‘lug’ teen daai trappe nie. Ons was gekoek van die modder. Eintlik alles was gekoek van die modder. My ‘highside deep dive’ in die modder, het tot my Geel sak, mooi toe gemaak in plastiek, bekoek! Daar was nêrens om af te hose nie en ook nêrens om die fietse te bêre of te charge nie. Gelukkig vir ons het die eienaar se seun ook ‘n gastehuis met kamers beskikbaar. Maar, heelwat verder weg vir iemand sonder battery lewe. Ons gaan heelwat geld verloor omdat als vooruit betaal was en die nuwe akkommodasie is piep klein.
Daar is egter ‘n grasperk,
‘n hose en ons kan ons fietse veilig buite die kamers los. Dit is eintlk die tweede verblyf waar ons een dag te vroeg op gedaag het. Ons is twee vir twee gelukkig dat ons uitgesorteer kon word. Intussen sit ek nou by Emoyamed besig met my ‘Iron infusion’ wat ek vir 11am geboek het, maar my taxi het ek geboek vir 11:45 en was baie perplexed toe hulle nie opdaag nie. En daar vergeet ek my ID en mediese kaart in my fietsry sak. Ek hoop dis uitputting en nie my ‘mind’ wat besig is om te gaan nie. Mens word getreat hier by Emoyamed. Terwyl mens hier sit bring hulle actually vir jou koffie en ‘n Sarmie met scrambled eier. Hoe nice is dit Hierdie stoel is sag op die lyf en ek hoop date môre ‘n baie, baie makliker dag op die fiets mag wees.
Ek is mos nou Iron Women!!
Donderdag 20 Maart: Joberg2Blouberg Dag 9—BLOEMFONTEIN na die OUDE KRAAL
As jou dag so begin kan dit net goed gaan. Ons het omtrent Bloemfontein om singel en deur singel en ek het vir die eerste keer oë kon lê op die befaamde Grey college. Danie het ‘n werksoproep gekry en moes van die lawaaierige straat af kom en stuur ons toe vooruit. Net een probleem, ek het laas jaar se roete gebruik en hy ‘n nuwer een. Dit het gemaak dat ons seker ‘n km van mekaar op ander punte van Bloemfontein beland het en moes ons met livetrack mekaar probeer opspoor. Toevallig loop Danie ‘n fiets winkel raak, waar ons toe mekaar kry en hy kon ‘n binnebandjie koop want my binnebandjie het bly afblaas en natuurlik is my spare missing. Net om na alles dit te kry presies waar dit moes wees, dit het net heel onder in die reeds piepklein sakkie beland.
Praat van as dit ‘n slang was het hy my gepik!
Met die nuwe binnebandjie in, is ons daar weg en kom by die presiese pad, waarheen ons onderskeidelik oppad was, uit. Danie se pad was egter beter alhoewel langer. My pad het op ‘n hoof aar gegaan. Syne het deur die residentiele gebiede gegaan. Alhoewel die natuurskoon pritty plain was, het ek lekker gery. Na my iron infusion moes ek dit bietjie rustiger vat en ek het dit meer soos ‘n toer, wat dit behoort te wees, aan gepak. Ek het gery en gekyk en gestop om fotos te neem. Danie ook. Ek was regtig spyt dat ek dit nie kon doen toe ons deur die mees asemrowende omgewing gegaan het nie. Die weer en korter afstand het ons egter tyd gegee vir dit en ons het relaxed by ons bestemming gekom.
Wel, tot Danie weer met werks issues gekonfronteer was. Hier op die vakansie dag sit hy en werk en het nie tyd om die lieflike omgewing te waardeer nie. Met die dat ‘n ou tannie, wat in retrospek, besef ek, seker net so oud is soos ek, haar venster afdraai het, net om vir my te sê: ‘Jy lyk pragtig, hoor!’, was my dag en mood sommer baie possitief en selfs die grou omgewing het helderder en mooier gelyk. Hierdie is die Vrystaat met sy droë stofstorm vlaktes.

Saterdag 22 Maart: Joberg2Blouberg Dag 10—OUDE KRAAL na TROMPSBURG
Ons is weg by de Oude Kraal soos gemesde kalwers. Ek het myself in ‘n ander dress size in geniet met al die ‘French cuisine, high teas’ en lip lekker gebak by die ontbyt. Ek het my lyf in ‘powersave mode’ gesit en het net gemaklik getrap en met die geringste afdraandes gefreewheel om my sitbeentjies en beentjies ‘alike’ te rus vir hierdie lang en by reputasie, moeilike dag. Alles het goed volgens plan verloop tot voor Edenburg. Die vervalle dorpie wat se oorblyfsels van die eens versorgde teerpaaie, vir die mees tegniese deel van ons roete sover gemaak het. Daar is egter baie goeie omgee mense in Edenburg soos die oom wat so krom loop van rugpyn, hy wil partytjieer omval by ‘n trappie as hy sy een voet moet lig.
Hy het terug gekom van sy bakkie,
spesiaal met ‘n R100 in sy hand. Hy probeer dit toe vir my gee. En hy vra onverskoning want hy is nie baie ryk nie maar ons moet vir ons elk ‘n koeldrank koop. Ek moes paar keer nee maar baie dankie sê ,ons het nou net koeldrank gekoop. Dit in teenstelling met ‘n ander ou wat met ‘n angle gekom het en baie upset was dat ek nie die geld gevat het nie want hy wou hê ek moet dit vir hom gee. Daar was baie kwaai dreigende wolke voor en oor ons. Daar was gevra dat ek vinniger moet ry agv die reën wat kom en met die topografie voor Edenburg was dit OK. Na Edenburg was dit heeltyd ‘n effense opdraande met ‘n redelike wind.
Ek kon net nie meer sous gee daardie laaste 35km nie.
In my kop speel die liedjie: ‘Your in the Army now…’ Dit was harde bene kou en die druppels het begin val. Die teerpad onder my wiele het reeds ‘n squishy klank gemaak van al die reën wat reeds geval het asof die teer poreus was soos ‘n spons. Ek het voor my op die horison gekyk en gesien die hele wêreld voor ons is hazy soos dit reën en het geweet ons jaag eintlik in die reën in. So 10km weg,in die reën, het my battery die laaste snikke van sy sous begin gee en ek moes maar met my eie beentjies na ‘the town on a Hill’ ry. Baie scenic maar torture om daar by ons oase uit te kom.
Ek was bly om veilig die gastehuis se gronde binne te ry,
en het mooi gekyk hoe naby die veld van die kamers af is want gisteraand was ek vas oortuig ‘n slang het ‘n huisie iewers op ons trailer of fietse gevind. In die middel van die nag het ons een alarm net so kort warning alarm gegee van iets wat aan die fietsie peuter. Ek het versigtig en tenderly aan alles begin vroetel voor ek kon begin pak vanoggend. Net incase dit wel ‘n slang was.
My reis genoot de keer was ‘n wasp op die arm maar ‘I did not like that one bit’. Hy het mos een van daai bayonette aan sy smoel wat nie spelletjies speel nie. Ek het hom sagkuns, tog met ‘n ferm hand, oortuig dat hy nie welkom is nie! Hy kon maar in die reuse geelhoud bome gaan vertoef wat volop langs die pad gestaan het. Aan die oorkant vragmotor op vragmotor wat hulle lang eentonige rit voltooi op die N1 om net weer môre terug te ry.
Ek het gewonder hoeveel drank dit vervoer want hier is drankwinkels volop.
Jy kry een Kerk en langsaan een van die drie drankwinkels. Van die drankwinkels is mooi oorgebou en netjies geverf. Dit wys net hoeveel ondersteuning die locals vir die winkel gee…. ‘n Entjie verder in Edenburg, kry jy die vervalle skool geboudjie, gebreekte vensters en toe gegroei met gras. ‘n Absolute ‘post apocalyptic scene! ‘ Vanaand het die vrou van Trompop Boerekos vir ons kossies laat aflaai wat ons kon verwarm maar unlikelike De Oude het ons honger gaan slaap. Die porsies was piepklein. Een klein bakkie vir ons al drie!
Sondag 23 Maart: Joberg2Blouberg Dag 11—TROMPSBURG na PRIORS GRANGE
Tussen internet en reën het my kommunikasie skade gely. Terug in die ‘dark ages’ voel dit asof ek in ‘the walking dead’ wakker geword het. Geen niks! Ons het voor ons uit Trompsburg gery het eers bietjie verken en dis asof Trompsburg reg gekry het om die veranderde tye bietjie teen te staan. Hulle het ‘n lieflike kleuterskool, laerskool en hoërskool. Ook Klomp gastehuise soos Foxden waar ons tuis gegaan het en dan die befaamde Snobs Coffee wat by verre die lekkerste koffie maak in ons land. Hulle roast die rou ingevoerde bone net daar.
Hier het meeste huise boorgate en solar met die beautifulste tuine.
My oë was bietjie blou vanoggend amper asof ek ‘n mini shiner het. Seker omdat ek heelnag geluister het hoe dit hard reën. So net na die Kerkklokke gelui het en ons ‘n Snobs coffee brêkkie deur gewerk het, begin ons, in die sonskyn oppak. Sal ek darem betyds sien my trailer bandjie is weer pap. Eergister was Danie se beurt. Hy spandeer soveel tyd aan om ons bandjies te patch terwyl ek afgekapte handjies net staan en kyk asof ek dit nog nooit in my lewe gedoen het nie. Dis werklik dark ages. Hoe kan hulle enige tyres nog met tubes maak. Ek kan nie onthou dat ek op skool soveel keer punctures gekry het nie.
Goeiste!!
Uiteindelik reg is ons daar weg maar op die horison sien ons alles is verbind aan die hemel met ‘n digte water streep. Ons is besig om na daai water te snel met windmeul beentjies. Die wind waai verwoed en ons hou dop hoe die bevoeterdste wolke stadig oor trajectory skuif en ons besef die wind waai vir ons die reën wolke weg. Heel happy ry ons voort. Skielik agter ‘n koppie klim daar skielik stadig nog so ‘n donker wolkie uit en dieselfde wind blaas agter hom ook maar die keer is ons op ‘n ‘collision course’!! Skielik is dit windstil en die hemele maak oop. Ons het gestop in Springfontein om water te koop.
Daar was nog so 10km se ry oor voor ons bestemming
en ek wag geduldig in my reëntjas onder ‘n boom terwyl die manne by die bank masjien met hulle aankope onder dak staan. Na ‘n hele ruk is daar ‘n breuk in die reën en met die water aan Danie se trailer vas gemaak begin ons ons nie so lekker glybaan ry tot by Priors Grange. Dit het rof gegaan. Die spanning het hoog geloop terwyl mens, soos ‘n weg hol Rally kar sonder roll bars, alles op die pad probeer hou. Uiteindelik het ons by Priors Grange se hekke ingery en daar kom Danie agter die een sak het afgegly en twee van die 1.5lt bottels het deurgeskuur en ons precious water het uit gemors.
Ons was bemodder en moes onsself, ons fietse, trailers, sakke en seile eers af hose voor ons naby enige ‘civilized abode’ kon gaan. Nou soos ek skryf sous dit, deur die nag en vandag nog heel tyd. Ek hoop van harte dit gee ons ‘n gap om môre verder te kan ry. Vir een, sodat ek weer 2025 internet kan hê. Hierdie geslum sonder Wi-fi is net te erg. Dis soos ‘n model sonder haar make-up tas. Ondenkbaar!!
Woensdag 26 Maart: Joberg2Blouberg Dag 12—PRIORS GRANGE na GARIEP
Vandag was ‘n bitter mooi dag en ek was verbaas dat ek alles kon ry. Laas jaar was hierdie een van die ergste dae gewees, gegewe ons het direk van Trompsburg na Gariep gery. Hierdie jaar het Danie dit in twee gedeel en dit het die wêreld se verskil gemaak. Ek het verniet eergister aand ‘n ‘panic attack’ gekry oor hierdie Gariep dag. Dalk was dit die aanhoudende geblêr van Ivan Rebroff en sy travante wat my ‘on edge’ gehad het. Hulle ongelukkige en paniekerige geblêr het snaakse draaie in mens se kop gemaak. Hulle was op hok geslaan om ontwurm te word en moes oorslaap daar langs ons in die kampie in die reën en weer. En hulle was nie happy nie. Nes kleuters wat hulle antibiotika stroop moet drink.
Ek het in die nag wakker gelê en planne maak.
Ek wou ‘n transporter kry om my te kom oplaai daai oggend. Gelukkig het ek nie, want dit was ‘n ongelooflike ek mooi dag en ek kon absoluut alles met gemak ry. Wat ‘n verlies sou dit nie wees nie. Ek het egter my dinges af geskrik toe ‘n trein lokomotief verby my kom en ek vir hom waai. Sy response, hy blaas sy horing reg langs my. Ek dog ek voeter van my fiets af soos ek skrik. Langs die pad het ons werkers raak geloop waar hulle trekker, met twee trailers aan, teen die tegniese bult gaan staan het. Die trekker se tyres het net bly spin op die los klippeHulle het nie fone by hulle gehad om hulp te kry nie en kon ook nie die boer se nommers onthou nie.
Gelukkig ken almal almal,
so ek het Cecile by Priors Grange gebel sodat hulle die boer kan laat weet sy ouens is in die knyp. Danie het verby gekom en ‘n uitstekende oplossing voorgestel oor hoe hulle die spul oor die Berg kon kry maar hulle wou eerder vir die boer wag. Ons het ons werk egter uitgeknip gehad toe ons en ons fietse en toerusting by Gariep arriveer. Alles was gekoek van die modder. Met net ‘n 750ml Benè pump bottel en ‘n klein borseltjie moes ek toe talle kere heen en weer loop vir ‘n refill van water om so die fietse, sakke en skoene alles af te spuit en gewas te kry, net om agter te kom, toe ek klaar is!!, Danie het pas begin maar aan die voorkant van die huisie waar ‘n kraan teen die muur sit !!!! en hy het ‘n tuin besem onder die afdak gevind.
My goeiste, ek kon myself skop.
Om so super paraat te wees het my in die voet geskiet, anders sou ek ook eers ‘n rêkkie gaan doen het in die omgewing. Dit het my 3 keer of meer so lank gevat om alles te doen en alles was nie eers mooi skoon nie. Danie se goed het spiekerish gelyk toe hy klaar is. Skoene insluitend en hy was nie eers lus vir die effort nie. Dis ek wat hom skuldig laat voel het toe gaan was hy maar. Daar het jy dit nou!

Donderdag 27 Maart: Joberg2Blouberg Dag 13—GARIEP na COLESBURG
Donderdag.
Ek was bly ons het egter alles gewas en dit was ‘n semi droë dag op die fietse, want By Colesberg aangekom bly ons in ‘n lieflike gastehuis met sandsteen vloere en wit mure. Hulle is baie ‘pedantic’ en erg met goeie reg. Alles is beautiful hier by Honeylocust en ons wou nie soos ‘n klomp hobbo’s hier aankom nie. Ons het maar ons fietse buite agter ‘n muur gelos. Ons het net ons plastiek van die trailers oor dit gesit. En dit sous. Arme trusty steeds! Word hulle nou soos weggooi honde hanteer. Shame! Die roete was weereens die moeite werd. Ongelooflik mooi! Nou gaan ons egter dalk honger slaap op hierdie Vrydag aand en ons ry môre weer een van die langste dae. Dit donderweer en sous hier en ons moet 1.8km stap na ‘n plek om te kan gaan eet en dan weer moet ons terug stap.
Sal maar sien….
Saterdag 29 Maart: Joberg2Blouberg Dag 14—COLESBERG na HANOVER
Lyk my ons ry nou in slang wêreld. Nie net oor slange nie maar die modder hier is so glibberig soos ‘n slang. So het ek op ‘n eina manier agter gekom. Donderdag oppad na Colesberg het Greg ‘n Kaapse Cobra gesien wat voor hom verby is en toe terug gedraai het en met sy kop uit gefan regop gestaan en na Greg gekyk. Vandag het ek en Danie actually ‘n klein slang gesien. Geel en swart.
Met google in hand lyk dit my dit was ‘n Kaapse boomslang. Later het Danie ‘n Silver grys slang gesien. Toe ek wil battery ruil, want vandag was ‘n lang, wind van voor dag, kon ek net nie ‘n plek kry nie want ek was so bang daar was ‘n slang in die gras. Op die ou einde het ek my fiets teen ‘n rotsplaat op gevat en teun ‘n rots laat leun. Ek kon orals mooi sien en het net gehoop ‘n slang lê nie onder daai rots nie. Dis flippen scary goed daai!
Die roete het met pragtige rolling hills begin –
en ek het gedink dit gaan ok wees. Tot ons die vlaktes bereik het en die wind net verewig oor die oop aarde bly rol het, met niks wat dit stuit nie. Binnekort het dit uitmergelend geraak en ek het gevoel, die wind is skoon uit my seile ook! Ek het begin swaar trek en die dag het woes lank begin voel. Elke keer as ek op die Garmin kyk, is net ‘n kilometer verby en dit voel soos 10.
Om in Hanover te kom moes ons teerpad ry maar daar was non-stop Mangaan trokke aan albei kante van die pad. Verseker meer as vyftig wat by ons verby is. Die langs ons was half ok maar die aankomendes het ‘n wind vortex veroorsaak wat elke keer mens laat klou het aan jou fiets handlebars terwyl sand in jou wange in wil steek, en my helmet het fisies van my kop af skuif soos dit in die vortex opgesuig wou word.
Ons moes ‘n links grondpad vat om die N1 te kan mis en maak toe so.
Modder en poele is die hele wêreld vol en so kom ek my moses teë. My wiel gly saggies onder my uit en vir een of ander rede is ek oor die handlebar gesig eerste deur die bosse. Dit was dadelik intens seer en ek kon voel ek het bietjie whiplash. My een knieg, die ander enkel, my nek, skouer en polse het die inpak gedeel so ook my voorkop. Danie het gelukkig agter gekom ek is missing en het eventually terug gekom want my fiets en trailer het plat op hulle sye gelê, beentjies in die lug in die modder. Boots and all. Die hele pad was lyk my verder sulke modder en die call is gemaak dat ons die laaste deel wel op die N1 sal moet ry Hanover in.
By die hotel aan gekom was dit milkshake tyd,
…en modder expropriation tyd. Die aarde het terug gevat die grond wat ek gekoop het. Dit was ‘n ma se gemors met hele scoops modder was oorals in gesluip het. My arme GoPro, paniers en handlebar handsakkie was plat geval en besmeer. Ons het ‘n klein courtyard voor ons kamer maar ons moes ons fietse deur die ontvangs en eetkamer stoot om daar uit te kom want hulle het vandag nuwe matte in die gang gelê. Ons bly by ‘n baie oulike hotelletjie wat in, of teen die kleurling dorp is. En ons was die heerlikste aandete bedien. Die mense is so vriendelik hier en praat die mooiste afrikaans. Dit laat my sommer voel ek praat soos ‘n Hooligan! Ek hoop net al die modder en slang besigheide is nou op ‘n einde!
Sondag 30 Maart: Joberg2Blouberg Dag 15—HANOVER na WORTELFONTEIN
Dis eintlik scary wat dit aan mens doen as jy geval het. Mens verander in ‘n grootoog ‘war deserter’ behalwe ek moes maar gaan. Daar was nie ‘n ander alternatief! Ek het ‘n waffle gehad vir breakfast. My ‘go to’ pleister op ‘n brose gemoed. Ek was so op my senuwees dat ek baie poele eerder deur geloop het of geboendoebash het net om soos Absalom skielik net daar vas sit in ‘n doring bos. Agter toe of voorentoe, ek is omring met my voet binne in een.
Daar staan ek en ek weet stukkend is al hoe ek hier gaan uitkom…
en hoop net my trailer bandjie, somehow ontsnap die dorings ‘unshafed’. In die begin het ek mooi agter Danie aan gery. My vrees het my egter binnekort laat meer en meer agter raak. Kort voor lank was daar nie meer ‘n voorbeeld nie en die ‘ lagging’ het begin kompakteer in ‘n groter distansie agter. Met die wind en terrein kon ek net nie vinnig genoeg inhaal nie en Danie moes maar soms vir my eventually wag, net om die siklus te herhaal! Om my was die Karoo aangetrek in sy mooiste groen jassie met pers, geel en pienk blommetjies oorval oor. Ons verblyf in sig was bo is in die Karoo berge.
Die eerste ding wat ons begroet is 4 baie spelerige en nuuskierige perde.
Hulle is werkers van wortelfontein. Hulle is baie mooi maer en wel versorg en lyk op en wakker en reg vir aksie terwyl hulle pronk en aangaan met ‘horsy shenanigans! Hier dryf hulle die skape aan en nie die gewone skaaphond soos by Priors Grange nie. Jy kan sien hulle is happy! Na serious housekeeping en toerusting was is ons in die bed en begroet weer die nagtelikke koue ‘ notorious’ van die Karoo en ek hoop die bangbroek word uit my uit gevries.
Maandag 31 Maart: Joberg2Blouberg Dag 16—WORTELFONTEIN na Kliphuijs RICHMOND
Wat ‘n pragtige en ‘quaint’ dorpie is Richmond nie. Dis egter ‘n hartseer dorpie vir diere. By Wortelfontein het ons opvangs probleme gehad en vandag was maandeinde en salarisse vir Danie. Toe ons weg trek het hy soos ‘n bullet uit ‘n geweer daar weg geskiet, sodat hy so vinnig moontlik by Wifi kon uit kom. Ek het probeer by hou maar dit was onmoontlik. Dit het egter gemaak vir ‘n vinnige dag. My 18 tot 21 km/h was opgeskuif na 23.5. Danie, ‘n whopping 28km/h Ook maar goed want terwyl ons nog ons wel verdiende Milkshakes sit en drink op die stoepie, begin die donderweer slaan en kort voor lank hael dit. Vandag was die pad droog en dit was ‘n fees om net met stof op ons lywe en fietse hier aan te kom. Nou lyk dit my modder stoei is weer ons voorland! Ek moet sê.
Wortelfontein is seker die mooiste plaas wat ek al gesien het.
‘n Groen boomryke oase in die berge. Die pad was ook vreeslik mooi vandag met die grond kleure wat elke nou en dan verander. Ek het nou geleer. Die swart growwe grond is soos sponse wat water hou. Wit is ok. Die bruin kan sanderig wees, maar daai rooi grond as dit nat is, is soos ‘n bevoeterde maar klouerige rooikop flêrie!! Jy ry nie deur daai modder nie. Dit suig jou vas of erger, dit is so glad soos seep. Scary stuff! Gelukkig is ons fietse onder dak voor ons kamers vanaand. Arme goed!
Dinsdag 1 April: Joberg2Blouberg Dag 17—RICHMOND na BLOEMHOF Karoo
Gister was ‘n dag uit hel. Verbasend hoe verskillend die manne se persepsie is van die dag teenoor myne. Hulle kon nie ophou praat hoe mooi, lekker en amazing die dag was nie. Al wat ek beleef het is wat voor my gebeur het. Nog ‘n ‘treacherous’ modder poel met die onbekende onder dit. Elke trap ‘n spanning wat deur murg en been gaan. Mens se brein wat reg staan om te seize en die ‘survival instinct’ wat inskop as die lang vingers van die modder jou wiele laat gaan waar jy nie wil nie.
‘n Groot dankbaarheid as jy jou fiets weer onder beheer kry,
dit terwyl jy luister na die hulp geroep van jou fiets se, remme, ratte en wiele wat rattle en squeak uit elke een van sy joints en jy wonder hoe lank nog gaan jou ratte werk?. Ek, exhausted, my bekertjie leeg, en voor my die manne ‘super excited, invigorated, alive’ besig om ‘n ‘ball of a time’ te hê. Ek was so bly toe ons by die plaas hek inry, die einde van wat ‘n kort vinnige dag moes wees. Die fiets wasery was ook iets anders want die rooi klei wou vir altyd ook saam ons ry. Ons moes dit met ons hande uit grou, onder en agter alles. Net klaar of die donker wolk wat ons ‘n geruime tyd gevolg het, maak sy krane oop terwyl ons veilig op die stoep van Prof Chris Barnard se gewese plaas huis staan en alles bewonder.
Ek sit nou hier en skryf in die Chapel.
Ek moet sê hierdie reis is anders as al die ander. Soveel geskiedenis en soveel om te leer. Elke plaas met sy eie storie maar almal het iets in gemeen. Die eienaars doen alles self met geen of dan net een of twee helpende hande. Hulle slaan self die skape op hok en ontwurm en doen wat ookal mens met skape aanvang om hulle gelukkig en gesond te hou. Die natuurskoon is asemrowend en die lug so vars as wat dit kan wees met die sterre op ‘n helder aand tasbaar. Daar is net een woord vir dit, ‘Pure’! Dit voel soos ‘n stukkie hemel, jy is in ‘n ander realm. Ons het die perfekte rusdag, met gaanse wat ‘protective’ oral rond hardloop.
Dis bietjie nippy en mens is regtig terug in tyd,
want hier is geen munisipale geriewe. Hulle maak staat op hulle eie water, riool en krag wat van son panele af kom. ‘n Bewolkte dag soos vandag is daar geen krag en ‘n backup generator is aan die werk. Ons eet by meestal kerslig. Die wind wat ruk ruk aan alles is soos ‘n ontasbare ‘reminder’ dat ons geseënd is om hierdie te kan beleef. Met al die challenges, die ewige bike- en housekeeping, is daar tog iets wat binne jou reset en mens weet, dit is hoe God se skepping rerig lyk as jy die mens se sugar coated lagie van alles afhaal. Môre revisit ons egter weer die laaste 15km van gister se hellish rit en ek hoop en bid dat die son sal uitkom en die poele krimp want môre is ‘n lang dag na Victoria Wes.
Donderdag 3 April: Joberg2Blouberg Dag 18—BLOEMHOF Karoo na VICTORIA WES
Ek het voor 5 wakker geword so bekommerd oor vandag dat ek net daar beplan het om die gastehuis vir ‘n lift te vra na Victoria Wes. Ek het soos ‘n arend die tyd dop gehou en 8am my boodskap begin formuleer. Toe ek Danie inlig van my plan sê hy, nee man, jy sal ok wees. Die pad sal al baie droeër wees. Nou ja, so is ek toe daar weg heeltemal naar van spanning en ‘n resting hartrate van 105 bpm. Elkeen besig met sy eie gedagtes ry ons al drie een na die ander eers verkeerd en Danie het eerste agter gekom ons is verkeerd net voor ek ook die saak so uitkyk. Die eerste klomp poele heeltemal verniet moes trotseer.
Ek het bietjie slimmer geword
met my self preservation en het mooi eers uitgekyk hoe ek elke obstacle sal benader. Met baie boendoe bashing en kruip kruip het ek ongedeurd deur elkeen gekom. Danie het my met een gehelp om dit vir my deur te stoot toe hy sien Greg slaan neer. Ons het wel ons trailers en besittings vir ‘n swem gevat toe die vlei in ‘n rivier verander het en ek wat die storie so bekyk en besef het, daar is net een manier en dis deur. Danie se trailer het sommer ‘n wake gemaak soos hy hom deur die water sleep en ek het besluit ek gaan maar ook deur ry.
Met oë wat al hie groter gaan hoe dieper die fiets weg sak onder die water besef ek my fietsie is ver kleiner as Danie sin soos ek deur die water stoei wat my hele motor al onder water het. 10/10 vir die ebike vervaardigers want die fietse is beter as ‘n landrover sonder ‘n snorkel daar deur. Met my wat so baie tyd by die poele spandeer het, het ek agter gekom paddas val duidelik uit die hemel, want elke poel het van baba tot volgroeide padas gehad wat daar binne baljaar. Wat ek wil weet, waar kom die paddas skielik vandaan in ‘n poelmin die pad in die andersins gewoonlik droë Karoo. Hulle vlieg.
Dis al wat dit kan wees!
Gelukkig, alhoewel ek seker is die klein tonneltjies waar ek oor en verby gery het, slang gate is het ek nie een raak gesien of getrap nie. My been het wel so onrustige kriewel gekry soos ek deur en oor die bosse ry en ek kon Jaws se musiek in my agterkop hoor. Die eerste padda in die poel het ek hoekoe gedouble take kyk want ek dog eers dis ‘n slang wat anderkant toe swem. In Victoria wes aangekom met ‘n regte Spar en netjiese huise was my fiets die skoonste van almal. Ek moet sê, Greg het gelyk asof hy in ‘n mudwrestling kompitiese was. Danie se fiets was net ‘n rapsie meer vuil as myne.
Ons het egter amper aandete gemis want hier gaan slaap almal 8uur.
Selfs die Hotel se restuarant waar ons moes gaan eet was al besig om toe te maak maar geluk by ongeluk, moes Danie in die Hotel gaan shower want ons shower in ons selfcatering kamer het die koue water net uit gedrup en die warm water was kookpunt verby. Vir my was dit te laat maar ons kon darem vir Danie iets organise. So kom hy toe agter oppad na die shower, die Hotel Bistro is oppad om al toe te maak en dit was nog nie eers 7uur nie. Môre durf ons weer die pad aan maar gelukkig ‘n korter afstand as die amper 85km vandag.
Alhoewel daar op die profiel afdraandes gewys het kon ek in totaal net 500m Freewheel oor die terrein en ook die bietjie wind. Vandag moes daai beentjies aanhou spin en na een boendoebash sessie, terug op die pad het ek net aanhou bly stoot vir ‘n ruk. O ja, en ons het ‘n Amerikaanse Bison gesien in lewende lywe sommer so naby ook. Wel ek het verniet myself amper ‘n maagseer gegee. Dit het eintlik baie goed gegaan vandag al was dit ook so ‘n lang dag! By in my buff.
Vrydag 4 April: Joberg2Blouberg Dag 19—VICTORIA WES na MELTON Wold
Sjoe. Wat kan ek sê. Dit was 0 tot 100 tot hier en vir die eerste keer rus ons regtig. Dit voel asof my fiets al hier is vir twee dae maar ek kom nou eers hier aan. Ek het vir die eerste keer in 4 weke myself opgevang. Ons is Vrydag toe met skoon gewasde fietse weg uit Victoria Wes oppad na Melton Wold waar ons veronderstel was om te rus. Ek het vinnig geleer, niks gebeur as dit nie klaar gebeur het nie.
Met ‘n donker wolk oor ons koppe –
en die gedagte van rus soos ‘n wortel voor my sit ek my alles in om my en my fiets vinnig te kry by die oase van rus. As ek maar net geweet het sou ek dalk ons albei meer konserwatief en met meer respek hanteer het. Ter verdediging, die voorspelling het gesê dit gaan reën. ‘So, the race was on’ wat kan ek sê. Water en modder, die ‘enemy’. Die ‘scary killer’ onder die modder wat vir jou loer soos daai padda in die waterplas. Langs my het die weer regtig erg gelyk en donderweer het begin slaan. Ek het meer druk op my fietsie gesit en genadeloos hom aangehuts om vinniger te ry.
Elke nou en dan,
het die pad dreigend begin draai na die storm net om genadiglik weer weg te draai soos ek berg op klouter. So al op die kantlyn skuur ons verby die storm en dink dit het ons nie gesien nie. Die storm was egter ‘sneaky’ en het besluit om met ons te begin speel. So op 25km het die druppels begin val. Nie hard nie, so dit het my laat dink ek sal actually ok wees.Met die eerste helfte se klim wat verby is, moes dit tegnies nou ‘n afdraande gewees het, tot in die veilige arms van Melton Wold, maar nee, sand en wind en klippe het dit in ‘n ‘challenge’ verander soos daai monster agter die Berg vir ons gesit en wag het.
Nie lank nie of die weerlig begin aan albei kante klap.
‘Just to up the stakes’ vir hierdie muis wat in ‘n labyrinth drentel om skielik homself in ‘n ‘full on’ maze te bevind met die uitgang ‘n muisval. Ek is by Melton Wold hek. Die pad lê regs teen die wind op in die storm in en daar is nog 10 km oor om te ry. Dit storm en my reëntjas en wind wapper overdowend in my ore. Met my buff oor my gesig getrek steek die reën druppels my gesig soos ‘n 1960’s ‘bifurcated’ naald en ek wonder of my gesig soos my arm gaan weg stap met die ‘telltale scar’ wat sê, ek is ‘n ‘Baby boomer’. Een na die ander plaas hek het ons gang vertraag net om ons ‘n bietjie meer geduld te leer. Miskien vir wat ons nie weet wat vir ons wag…
By Melton Wold aangekom is daar nie ‘n siel nie.
Alles lyk dood en verlate soos die skip in die movie ‘Triangle’. Ons soek oral en daars net niemand nie. Uiteindelik kom ‘n ou op ‘n fiets asof uit die ‘twilight zone’, koddig regop, met ‘n potplanterige ding wat hy in sy hand in die lug hou. Hy sê net, ons moet terug gaan na die klok. Watter klok?? Ons ry terug en soek die klok. ‘n Ou slawe klok staan langs ‘n oop hek en ons ry deur. Nog ‘n verlate gebou. Ons stop voor die deur en kyk rond soos ‘n paar “ship-squeaked” rotte. ‘n Ou oom met ‘n dowe hond kom uit en ons is bly om hom te sien. Hy is nie baie haastig nie. Hy vra of die hek op die teerpad nie toe was nie.
Nee sê Danie,
ons het van agter om gekom op die grondpad deur die 10 toe hekke. Hy kekkel soos hy lag terwyl hy die huis in verdwyn. Hy kom terug met ons sleutels, en lig ons in, hulle sou kon Milkshakes maak as daar krag was. En hy lag. Ons word geneem af in ‘n donker gang in ‘n donker kamer met ‘n donker donker badkamer met geen vensters. Een klein lanterntjie wat die hele donker spul moet probeer verlig. Dit is nou maar wat dit is op die plaas. As dit storm slaan dit die krag uit, soms vir 4 dae lank. Die eienaar en hulle elektrisien is almal weg op vakansie.
So is dit nou maar! Ons sluip daar in die eerie donker huis rond waar ons darem heerlike aandete kry soos in ‘medieval times’ met skadus op ons ernstige bedieners se gesigte wat geruisloos op die krakende hout vloer probeer rond sluip.

Saterdag 5 April: Joberg2Blouberg Dag 20—MELTON Wold na LOXTON
Wakker geword met helder lig wat deur ons kamer venster skyn maar nog in die Stone ages word die besluit gemaak. Met fietse, fone en toerusting wat nie kon charge nie en Danie se Laptop reeds pap, niks wat in yskaste vars gehou kon word nie en my wat lyk of ‘n windmeul my geklap het in die Cpap lose nag, pak ons ons goedjies op en roep ons ons rusdag vaarwel en vertrek na Loxton. Danie moes meeste van die pad stoei sonder hulp en ek moes spaarsamig werk met dit wat ek oor gehad het op hierdie berg op dag.
Buiten baie klim was sommige dele nogals tegnies,
<p>met klippe en sand en dinge. Ons was baie verlig toe ons net so ‘n verlate Loxton binne ry. Ons kon nie wag vir ‘n Milkshake en het al om die kerk gesirkel wat trots in die middel van die enigste behoorlike pad in die dorp staan. Dis Saterdag middag. Almal het verdwyn en kruip in hulle huise weg. By Loxton Karos waar ons bly het ek die gasvrou mooi gevra of sy vir ons Milkshakes en ‘n toastie kan maak. Sy is daar in haar karretjie weg en het met ‘n bak roomys terug gekom. Sy het gebieg sy is uit haar comfort zone en die was die eerste keer wat sy Milkshakes vir haar gaste moes maak. Mens sou dit nie sê nie want dit was heerlik.
Soos alle klein dorpies is daar toe wel iewers ‘n Pakistani-winkel,
wat altyd oop is tot 8 uur in die aand. Terwyl ek soos ‘n lui luis op ‘n verlepte blaar in die bad lê, dink ek hierdie ouens wat die Munga roete ry, wat ons gedeeltes ook van gery het, is almal van hulle trollies af. Dis ‘n vreeslike roete en geen wonder so baie val nie. Ek sou al lankal my in die hospitaal in geval het sou ek dit in die nag moes ry! Ons en ons fietse rus nou uiteindelik en die fietse, vir die eerste keer is veilig binne 4 mure met ‘n dak in die gymnasium toe gesluit. Hulle, met hulle nuwe dik swart tarps, want ons hobo geskeurde geel tarps, beplak met silver duct tape op al die telltale wonde, nou finaal af getree, vervang het. Die is ‘n welverdiende rus!

Vrydag 11 en Saterdag 12 April: Joberg2Blouberg Dag 21+22—LOXTON na FRASERBURG na CELERYFONTEIN na SUTHERLAND na en ná rus.
Met ‘n ‘extended’ rus tydperk agter die rug by Loxton, weens werksdruk vir Danie, is ek Donderdag per 4wiel koets, ‘n bakkie, weg na Fraserburg. Ek het nie kans gesien vir die 100km nie en die manne het ‘n heerlike en mooi windstil dag gehad op die fietse terwyl ek land en sand gekuier het met my ride. Het ook gaan kyk na die Munga se shipping containers waar die mense kan oornag, wat ons gelukkig besluit het, nie vir ons sal werk nie. Ek was egter verras om te sien dat daar wel water en ligte is maar ‘n leë matras op die vloer waar ‘n slang of gogga nie eers op sy tone hoef te staan nie, sou dit nie vir my gedoen het nie.
Die paar dae rus in Loxton,
het my gehelp om bietjie te herstel van my beserings, (maar was nie goed vir my circumference nie, soos ‘n regte lui luis rond gelê en soos ‘n brommer om die kos potte gehang), net om weer, oppad by die deur uit, dieselfde knieg teen ‘n kis vas te verpletter. Daar kan ek nie eers behoorlik loop of die knieg buig nie. Al die pad, met my icepack op die knieg ry ek na Fraserburg waar ons gasvrou my ys, ‘n chinese spray wat se naam ek nie kon ‘google translate’ nie, asook arnica Ice, gee en ek plat op my rug met al die mooty op die knieg gaan lê en wag het vir die manne. Daar is my knieg, die volgende oggend ver beter as my enkel en ek was so reg as wat ek kon wees vir my dag op die fiets.
Wys net wat TLC kan uitrig.
Vrydag het ons die ‘kommunikasie verlate’ Karoo R356 aangedurf en ek was baie bly vir my SpotX agter in my camelbak. Insident vry het ons by die tien talle vlaggies uitgekom wat die ‘Heerlikheid Padstal’ aanwys. Die padstal, ‘n hout boks met 4 deure wat sê ‘Maak oop’. Binne in, water, koeldrank, beskuit chocolates en ‘n boek waarin jy skryf wat jy vat en dan later met EFT moet betaal. ‘n Karoo ‘honesty’ padstal. Die vorige ‘honesty’ winkel was by Priors Grange maar daar het ‘n kamera jou dop gehou en die betaal metode was ‘n krediet kaart masjien wat jy self die bedrag van moet insit en ‘tap’.
Die huisie op die plaas was ook vir die Munga ouens opgestel,
maar was ver geriefliker. Hier egter was ook geen sel opvangs of Wifi nie, wel ‘n bietjie Sonkrag en ‘n bietjie water wat uit ‘n showerkop gedrup drup het maar met ‘n veilige dak oor ons koppe, ‘n behoorlike toilet en ‘n heerlike bed met kussings. Die ope helder aand was ‘n skildery van, waar ookal jy kyk, miljoene sterre wat na jou uitroep. Die huisie was so oor 46km af in ons pad na Sutherland, waarvoor ek natuurlik diep dankbaar was, veral toe ons die res die volgende oggend aanpak in stormsterkte winde reg van voor, berg op en op! Al die klim tussen Fraserburg en Sutherland was omtrent in hierdie been van die roete in gekompakteer! Ek was poegaai getrap sommer so vroeg vroeg al!
As ek dink ek sou die hele 110km in een dag moes ry,
met die ‘exertion level’ wat ook net op en op gaan, wil ek sommer net op krummel, sê pooff en explode! Seker 30km weg kon ons al die SALT satelliet sien daar ver bo-op die berg wat nogals amazing is aangesien mens gewoonlik net 5km kan sien van plat op die aarde tot by die aard kurwe. Dat so silwer stellasie soveel kan sien in die donker onbekende in….en wie weet wat dalk terug kyk… Hier op Sutherland, nog ‘n stil stil dorpie met ‘n sagte hartklop, rus ons darem met weer milkshakes in die hand. Volgende die plaas de Kom. Nog ‘n huisie tussen die hemel en die ongerepte tegnologies agtergeblewene aarde in die stille Karoo.

Maandag 14 April: Joberg2Blouberg Dag 23—SUTHERLAND na DIE KOM
O weë. Het ons nou nogals amper ‘n maagseer ontwikkel. Ons moet oppad na Matjiesfontein op ‘n plaas de Kom oorslaap wat veronderstel is om tussen die twee dorpe te wees. Die dame moes gister vir ons aanwysigings gestuur het maar ons kry niks. Intussen sê elke padkaart ‘n ander location en waze gee net ‘something went wrong, can’t locate’. Ons was skielik in ‘n flat spin panic want na Matjiesfontein 132 km met 1306m klim. Ons moet tussen in stop om te recharge. Skielik is dit panicstations want daar is geen manier van kommunikasie met hulle behalwe hulle huis wat wifi het en die Whatsapps gaan nie deur nie……
…en Dinsdag 15 April: Joberg2Blouberg Dag 24—SUTHERLAND na DE KOM na MATJIESFONTEIN
‘n Koue front het skelm skelm die dorpie van Sutherland bekruip en ons moes skielik grou vir wat ookal ons kon vind wat warm is. Die Langbroek, wessie en windbreker wat ek het was toe net net te knap om die ys vingers van my lyf af te hou op die fiets. So koud koud gery kry ons toe afslag op ons dag se afstand want die De Kom plaas was so 10km nader as wat ons gedink het, maar die volgende dag het daai afslag ons gekos en ‘boy’, het dit gebyt. Ons het heerlik in ‘n ou plaashuis geslaap met skape wat blêr aan die een kant en die geswiesh van die windmeule aan die ander en ‘n hele skouspel van sterre bo ons in die koel donker Karoo lig.
Die volgende oggend is ons sommer so dadelik –
in ons eskimo klere daar weg om net 3km verder te begin uit trek soos die sonnetjie skielik begin bak. Dit was ‘n ongelooflike moeilike dag, buiten die wind van voor, moes ons oor al die moordende Roggeveld berge klim deur die ‘aptly named’ Moordenaars Karoo. Die pad was ongelooflik rof en dis asof die omgewing dit vir enige reisiger aspris wil moeilik maak om die naam en reputasie gestand te doen. Mens het geruk en geskut, gerattle en gegly en my GoPro het skade gelei toe dit ‘clean gone’ afbreek van die buckle, deur die lug vlieg soos ‘n arend en afduik reguit op ‘n klip. Die screen in flarde! Gelukkig het ek ‘n screen protector op gehad.
Danie het die vorige dag al probleme verwag
…met sy trailer se agterwiel want dit het geklink asof die bearings besig is om te gaan en ons het gevrees dit gaan seize. Ek dink al die geskud het somehow, wat ookal dit was, terug in plek geskud want dit het ”ominously’ stil geword net om uit die bloue bloute af te kom. Ons was by een van daai inham oases onder die bome met tafeltjies en stoeltjies , soos waar ons gestop het oppad see toe altyd om so uit die oop boot, toebroodjies en lekkernye saam met tee uit ‘n fles te nugtig. Gelukkig net soos hy begin weg ry het die wiel af gekom. Ek het ‘n energy bar, in pleks van my ouma se ‘hisse met lang ore’ en hertzoggies moes eet. Gelukkig kon Danie die wiel gemaklik reg maak voor ons die volgende, teen die wind op, bult moes aanpak.
Moeg en verlig het ons in Matjiesfontein aangekom,
en het die 10 minuut busrut deur die dorp ‘n mis gegee. In die middel van die nag egter, het ons die dreuning van ‘n trein gehoor. Kan jy glo, dit was die Rovos Rail trein met ‘n volle 17 passasiers waens wat heelnag, met die dreunende lokomotief reg voor ons kamers gestaan het. Eintlik is Matjiesfontein ‘n besige dorpie en vandag het ‘n klomp motors met trailers, gelaai met antieke motors, hier deur getrek. Ek vermoed iewers gaan ‘n byeenkoms van ou motors wees. Intussen volg ons delivery ons sonder om ons te vang. Danie het twee weke terug al goed bestel van CW Cycles.
Onderandere ‘well needed’ chamois cream.
Eers vergeet hulle om dit te stuur en ons moet die aflewerings dorpie aanskuif. Hulle loop toe en lewer dit vandag in Sutherland af waar hulle oorspronklik ‘n week terug al moes afgelewer het. Nou gaan hulle ons agterna sit met ons pakkie en ons hoop hulle vang ons betyds. Daai chamois Room is van kardinale belang. Verder hoop ek die koue front gaan ook weg waai na ‘n plek waar ons nie is nie. Alhoewel ek moet sê, mens gebruik baie minder water as dit so koud is. Water, ja nee, een van die grootste challenges op so ‘n bikepack veral deur die verlate Karoo waar baie nog leef soos agtergeblewenis in hierdie ”Cyber’ day and age’…….O, Moordenaars Karoo!
Donderdag 17 April: Joberg2Blouberg Dag 25—MATJIESFONTEIN na KAROO1
As iets klaar is, is dit klaar!! Donderdag was my ergste dag ooit op ‘n fiets… tot kom Vrydag!! Ons is niks vermoedend weg uit stille Matjiesfontein. Die weer bietjie warmer maar nie so warm dat ek al die bloed sweet, aan hitte kon toe skryf nie. Na gister se manewalisse het my GPS op die ‘homestretch’ ballistic gegaan met ‘warnings’. My ‘heartrate’ het na 200bpm op geskiet. My bors het sommer gepyn maar ek kon nie stop nie want ons moes by mekaar bly oppad na Worcester. Eintlik die hele pad omdat dit sulke ‘uncharted territory’ was. Ek kon net nie vinnig genoeg ry om Danie te vang nie, nie dat ons sou kon stop of iets nie.
Daai laaste run was ‘all or nothing!’
Donderdag was ‘n skok op die sisteem. Met reeds ‘n ‘Performance condition’ van -14 teenoor die +7 na Bloemfontein. Ek het dit nie gesien kom nie. Skeure, gate, klippe, gravel. Alles uit ‘n ‘house of horrors’. Donderdag was ‘n 86km dag en net ongeveer 5km teer. 81 km van emosioneel uitmergelende trails al langs die spoorlyn. Dongas orals, gegrou deur kabel diewe. Hoe ek deur die dag gekom het, weet ek nie en ek was bly toe dit verby was. Ek wou dit nooit weer oor doen nie. Ek was dankbaar om lewendig anderkant uit te kom. Imagine my verbasing en horror toe ons net ‘n paar km in die trail Vrydag, weer die nagmerrie oor begin.
Toe ek daai treinspoor sien,
toe sak my moed in my skoene en my oë raak soos ‘n chihuahua sin, en die gemoed net so histeries soos een, behalwe ek het so stil soos die graf geword. Donderdag kon ek nog so gesmoorde gilletjie uitpak toe ek skielik op dun cement lintels beland, met splete tussen elkeen breër as my band. Ek het geweet, ry een van my drie wiele daarin, vlieg ek, maar dit was te laat en toe ek deur is wou ek amper op ‘shrivel’ in ‘n balletjie en op die grond gaan lê, maar ry moes ek ry. Loop was nie ‘n opsie nie. Die dag was te lank en ons het soos dit is met die son wat al laag lê by Karoo1 ingery.
Vrydag 18 April: Joberg2Blouberg Dag 26—KAROO1 na WORCESTER
Vrydag was ons skaars aan die gang en ek was nog besig om oor dit te kom dat ons weer die treinspoor paaie moet ry, toe ek opkyk en ‘n klipperige tsunamie golf voor my sien. Danie is klaar daar halfpad op, wel die deel wat ek kon sien wat na halfpad gelyk het wat toe nie was nie. Hy lê sommer so plat op sy fiets soos hy die tegniese paadjie, wat vir my net diskant loodreg lyk, op beur. Ek kom om die draai en sien net baie klippe en skeure wat teen die hemele op kronkel en dis nou, regtig nou.
Om die draai verdwyn die pad –
en ek besef dis te styl vir my om teen op te stoot. Ek sit my fiets op Turbo, lê plat en beur op, maar elke skeur en klip roep my. Het nie meer beheer waar ek gaan nie. Ek is stokstyf op die fiets en my ‘neural network’ kommunikeer nie meer met my arms nie. My oë kan nie meer sien nie. Dit staan stokstyf, my fiets gee ‘n buck en ek verloor ongelukkig, gelukkig alle momentum terwyl my fiets reguit afgrond toe wil ry. Ek is op die kruin langs ‘n skeur. Ek kan nie van my fiets af kom nie, ek trek die voor rem styf, maar die fiets gly net af asof daar geen remme is nie. Met genade is ek af van die fiets maar kan dit nie voorentoe kry nie.
Dit bly net agteruit gly.
Dit val om en ek stoei om die kontrapsie weer regop te kry en probeer weer stoot. Gelukkig kom Danie af geloop met sy hinke pinke knieg wat in intensie pyn is. Hy doen goed op die fiets, maar loop of sit by ‘n lessenaar haal hom uit! Hy kon nie glo ek het probeer ry nie en ek het nou eintlik droog gemaak want al hoe die fiets gaan opkom is as Danie hom ‘boots and all’ eers af vat en dan weer op ry. Die fiets moet toe seker oor die 200 meter terug gaan. Met die twee van ons stoei ons die fiets en trailer om neus af te wys sodat Danie ‘n aanloop kan vat aan die onderkant om dit bo te kry. Met sy kniee wat amper sy ore stamp, vir hom op ‘n te klein fietsie, kom hy uitasem tot bo.
Sommer rooi in die gesig.
Hy moes hierdie bult twee keer doen en een keer af wat ook nie kinder speletjies was nie. Dit was egter nie die einde van die spul nie. Met my fiets se agterste shock wat intussen heen gegaan het in vrede, is ek met bokspringe daar oor en om alles. Elke nou en dan het my fiets my letterlik probeer eject soos hy my die lug in ‘propel’. Op die teer het dit gelyk asof ek op ‘n perd galop soos ek op en af van my seat af bounce. Op ‘n stadium diep in die verlorenheid in, het ‘n bos my voet vas gegryp. Ek en my fiets het aanhou ry terwyl my voet daar agter gebly het en gelukkig skiet dit los voor ek ook van die fiets af is en dit’n ‘solo journey’ voort sit sonder my.
Donderdag het my trailer wiel…
…actually besluit ‘to go it alone’ en het my trailer verlaat! Die kronkelpadjie Vrydag, bergop, was egter net die begin van die ‘terror’. Een op die ander skeur en donga het opgeduik en soms moes ek met my hoogte vrees, reg teen die kant van die afgrond ry terwyl ek net bly bid. Soms was daar ‘multiple’ skeure met net ‘n klein paadjie tussen, wat ook nog ‘of cambre’ lê. Sommige was so nou, ek kon dit net nie ry nie. Ek moes stoot maar ek het die ‘high ground’ gevat. As die fiets nou iewers in of af wil voeter is dit nou maar so. Ek sal dit eerder onder die bus in gooi as wat ek daar af gaan.
Op die ou einde moes ons die N1 aandurf,
met ek wat soos ‘n ‘christmas tree’ op gelight was. Ons moes so vinnig moontlik ry om net deur te kom. Die ‘illegal’ druiwe smouse was die grootste ‘challenge’ want hulle staan die N1 vol en weier om pad te gee want hulle probeer aan ons, op die fietse, ook druiwe smous. Ons was egter nie die enigste fietsryers op die N1 nie. Daar was pendelaars wat van hulle werk oppad huistoe was aan die teenoorgestelde kant van die N1. Natuurlik ook hulle enigste manier om oor die berg te kom. Toe ons in Worcester kom het ek gesê, as daar ‘even’ net ‘n meter teen ‘n treinspoor is kry ek ‘n huurkar ‘somehow’ in die hande want ek het klaar my nege lewens op gebruik oor die laaste twee dae.
Genoeg is genoeg.
Natuurlik het die manne hulself gate uit geniet en Danie reken dit was sy lekkerste twee dae op die fiets in ‘n lang tyd. Ek is self net te bly om nog te leef en het dadelik na chocolates gegryp en sommer drank ook. Ek het sommer drie tandpyn eiers (Cadbury se cream eggs) geëet. Dis so soet, dit gee dadelik tandpyn. So op getense, sluk ek skoon een so te sê heel in. My brein was ‘detached’ van my kop. Ek het oor ‘dag’ in ‘n neanderthal ontaard. Gister aand het hulle aan die einde van ons ete vir ons komplimentêre Chocolate Martini’s gebring. Ek het nog nee dankie gesê maar voor ek weet wat aangaan het ek dit klaar die warm drankie af gegobble!
Slipery slope!
Dit aangesien ek, na ons, wat ek gedink het ons die woeste dag agter die rug het, daar by Matjiesfontein aan gekom het. Ek slaan toe sommer, vir poeding, ‘n Amarula Don Pedro weg, omdat dit soos ‘n milkshake is. Ek sal hierdie ding moet ‘nip in the bud’ voor dit ‘n probleem raak. Oja, een werkende spoorweg gebou was toegerus met ‘n ‘motion sensor’. Natuurlik ry ek toe te naby en val omtrent van my fiets af van die skrik toe ek die ding perongeluk trigger en dit ‘to high heavens’ blêr. Dit het sommer twee ‘turbo boosters’ ,een aan elke been, geaktiveer en ek het myself met ‘n stink spoed uit die voete gemaak. Ek is nou klaar met ‘rail service’ paaie!! Net soos die Suid afrikaanse treinspore het daai paaie ook vir ‘n ‘loop’ gegaan met al die diefstal. Neewat! Klaar is klaar, genoeg is genoeg!
Sondag 20 en Maandag 21 April: Joberg2Blouberg Dag 27+28—WORCESTER na WELLINGTON na ‘BLOUBERGSTRAND’
Complete Vanoggend is die eerste oggend wat ons nie eerste ding by die venster uit gekyk het om te sien of dit na reën lyk nie. Ons ‘Long awaited end destination gister behaal!!’. Soos die res van die roete het die laaste dag ook sy spesiale angel gehad. Die goed waaroor ek gery, geklim en amper gehuil het die laaste paar weke, was egter die moeite werd net om hierdie te kon beleef. Doen, doen ek egter hierdie ene nooit weer nie. Just saying! Maandag was vir die eerste keer ‘n vinnig vloeiende dag op teer.
Ons het die voorreg gehad om
die Historiese monument Bainkloof pas te kon ry, waar die ou pad bouers nog soos ou meubelmakers ‘detail’ en ‘craftsmenship’ ten toon gestel het. Die pas is in 1853 finaal voltooi en het ongeveer 4 jaar geneem om met die gebruik van gevangenes, met die hand gebou te word. Rotse was afgebreek deur dit met vuur warm te maak en dan met water te doop. Die rotse bars dan uit mekaar en breek. Die keermure is met die hand gebeitel. Keerwalle was gebou en met sand opgevul om die pad te vorm. Steen met hout brûe is oor die klowe en riviere gebou. Alles met grawe, pikke en kruiwaens.
Ongelooflik mooi met baie styl gedeeltes, switchbacks,
en die pragtige klip formasies en in gemeselde rotse wat jou omring. Daar is tot ‘n rots formasie genoem Dacres-Se-Preekstoel, ‘n reuse rots wat oor die pad uitsteek. Ene Dominee Dacres het daar ‘n preek gelewer met die onthulling van die pas. Ons gang oor die pas was natuurlik nie sonder plek plek rukwinde nie, net om jou op jou tone te hou. Dit en dan die afgrond wat net te naby tussen die boemelaar tande uit vir jou loer! Die natuurskoon, ‘n harde mooi wat die hardheid van die taak ook mooi vasvat! Ons verblyf in Wellington, Diemersfontein, het ons verras aangesien die reviews nie goed was nie maar dit was ongelooflik mooi en die lekkerste bed op die hele toer, naas Loxton.
In ‘n winderige maar mooi dag,
is ons daar uit Wellington weg vir ons laaste been van die toer. Hierdie keer het my hartklop vir die angel in ons roete gewag om haywire te gaan nie soos Maandag, skaars weg uit Worcester op ‘n maklike teer nie. Die hoogtepunt van Dinsdag, in die 73km dag was dat ons redelik vroeg al Tafelberg kon sien met hierdie dag ‘n wegwaai ‘Trump kuifie’ pruik wat daar vêr op die horison lê. Daar was ‘n bouende opgewondenheid al hoe nader ons aan die see gekom het. Ongelukkig met net die laaste uitmergelende struikelblok! Ons moes ‘n jeep track ry na Blouberg. Maar die jeeptrack het in ‘n see van sand verander. Wat ons daar wou hou soos kwiksand. Daar raak daai berg amper ontasbaar soos dit vir baie van die seevaarders moes gevoel het in die Kaapse storm see.
Ons kon nie ry nie. Ons het alles probeer.
Mens kom net ‘n entjie dan vat die sand jou waar jy nie beplan het nie. Dan loop jy maar weer. Planne kon jy maak om deur die admiralty te ry. Maar kort voor lank gryp ‘n tak jou en jy is weer af. So het dit voort gevoeter en my arms was naderhand so seer en moeg. Want die trailer het baie keer op sy pensie gesleep. Gedeeltelik soos ‘n ‘sandworm’ uit Dune. Net glad nie so vinnig nie. ‘More like’ ‘n amper dood wurm. Dit was ‘hair raising’ want dit was soos om in ‘n woud te verdwaal. Want elkeen het sy eie battle moes fight. En soms het ons van mekaar weg gedrift. Sonder om agter te kom en daar is honderde hobbels. En spore en ‘n paar afdraaie. En jy kan nie vreeslik ver sien nie.
Om daai berg te bereik was soos ‘n mirage in ‘n woestyn.
So naby maar hy bly skuif. Agter my lê die ‘challenges’ sekerlik sommige soortgelyk tot die voortrekkers, waarmee hulle opgeskeep was. Wel die rowwe terrein. Nie die leeus en goeters nie alhoewel daar heelwat waarskuwings op spesifiek Bainskloof pas was oor passop vir Luiperds. Die Voortrekkers, alles net om die Britse owerhede agter te kon laat. Ek het nie eers daai verskoning nie. Skielik was ons by die wye oop see voor ons met Tafelberg. Soos die wonder wat hy is. Aan ons linkerkant. Dit het soos die son begin laag lê, sy windverwaaide pruik vir ‘n jassie geruil. Met opgewondenheid en ook sadness besef ons, ons is nou klaar, ons het ons doelwit bereik.
Ons leef nog om die storie te vertel,
alhoewel twee township honde en ‘n Junkyard dog my gejaag het. En ek lekker geval het en ‘n paar keer van my saal moes spring. En natuurlik baie stoot! Danie wat amper op die laaste dag deur ‘n taxi uitgehaal is. Dit terwyl hy net staan en wag by ‘n interseksie om oor ‘n pad te gaan. Heeltemal waar hy hoort uit die pad uit. Dan praat ons nie van die Slange, afgronde, klippe en winde en nog meer nie. My fietsie lyk used and abused en hy en die trailer sings soos krieke uit verskillende dele, all over. Die paniers rakkie het omtrent in die nonslip tape in gefuse en wou nie my fiet verlaat nie. Ons het gebly by, van verlatendheid, ongerepde en eenvoudige tot fancy verblyf. Mooi, eensaam, besig, warm, koud, benoud en fris, donker en verlig, met krag en sonder krag.
Een konstante,
wasgoed wat op allerhande briljante maniere opgehang word. Oral waar ons gaan en dan fietse en toerusting wat gereeld geskrop moes word. Bitter baie koffie, beskuit, milkshakes en hier en daar ‘n pizza het nie vir die midrif gehelp nie. So is ons daaglikse routine van Barage af na Parys, Kokolofitwe, Kroonstad, Hennenman, Virginia. Toe Theunissen, Brandfort, Bloemfontein, De Oude Kraal, Trompsburg, Priors Grange. Dan Gariep, Colesberg, Hanover, Wortelfontein, Richmond, Bloemhof Karoo. Deur Victoria West, Melton Wold, Loxton, Sterrekyker, Fraserburg,. Dan Sutherland, De Kom, Matjiesfontein, Karoo1, Worcester, Wellington. En finaal Bloubergstrand. Die Suid ooster het ons letterlik probeer stop om klaar te maak. Wat ‘n gestoei, gelukkig sonder reën! Wel, nou…

Fluit fluit, my storie is nou uit!
