Vandag kyk ons saammet EK WIL BOER na die BUSHBIKE van Ebikes For Africa vanuit Windhoek in Namibië
A picture is worth 1000 words. Dis nie nodig vir ons om enige iets meer te sê as ’n opsomming van die onderstaande video nie. Loer en geniet en bestel jou ebike. Ondersteun beide die EK WIL BOER kanaal. Asook #bicyclecouriers wat dit vir jou by die naaste ‘main centre’ kan aflaai. Hoe om te boer met ’n ebike? Reg om te boer met ’n ebike. Want ek wil ook boer met ’n ebike!
Hierdie is definitief ’n aanwins vir enige ou wat ’n plaas het of ’n boerdery bedryf.
Ons het hierdie ebike van Ebikes For Africa in Windhoek gekry. Hulle bou hom hier plaaslik. Lekker sterk vir die plaas. Goeie shocks vir die plaas. Goeie tyres vir die plass. Hy het ‘n plek vir jou geweer. Hy het ’n battery wat 50kms kan ry. Of jy kan twee batterye insit dan kan jy tot 100kms ry. Om jou wildsplaas. Om jou lodge. Hy charge ook met ’n sonpaneel wat jy net hier kan inplug. Of jy kan hom met jou krag charge by jou huis. Dit spaar vir jou so baie tyd en geld. En kom ons kyk nou hoe hy werk.
- 1 battery: tot 50km range
- 2 batterye: tot 100km range
As jy boer wil jy gewoonlik tyd spaar of geld spaar. En hierdie ebike doen beide. Kom ons toets…
(A) Ons eerste toets wat ons vandag met die ebike gaan doen is… dis omtrent 250 meter na die centre toe van die pivot. En ons moet ’n hele paar keer loop per dag om hom aan en af te sit. So ons gaan nou ’n toets doen. Hoe lank vat dit om soontoe te stap en hoe lank vat dit om terug te stap. Right daar begin ons. En die stappery het ampoer 7 minute geneem. Dis nogal ’n ent. Kyk selfs die honde is moeg.
(B) En nou is dit die bushbike se beurt. Ons gaan hom start en go en kyk hoe lank vat dit. Net langer as 1.5 minute. So kom ons rond weer op en seg minder as 2 minute. Dis baie vinniger. Ek spaar 5 minute. En ek is nie eers moeg nie. En as ek regtig wil moeg raak kan ek hom nog help trap ook. So daar het ons dit. as ek dit 4x per dag doen spaar ek 20 minute. En dit was net na die centre toe. Ons was nog nie eers by die tamaties of elders nie. Jy kan maklik 1hr+ per dag spaar afhangend van jou afstande.
- Stap: amper 7 mins
- Ebike: minder as 2 mins
- Spaar: 5 minutes per trip!
En dit het my alles niks gekos nie – wants dit kom alles van die son af.
RESULTAAT: dis definitief die moeite werd. So as jy jou eie ebike vir die plaas wil hê. Jou lewe vir jouself wil makliker maak. En goedkoper. Gebruik hierdie link. Plus jy support ook so die EK WIL BOER kanaal. En koop eerder vir jou vrou ’n box chocolates, eerder as om diesel in jou bakkie te gooi. En kry jou Bushbike Ebike by Ebikes For Africa.
Want boer is lekker.
Dankie Lombard! (Koch).
