Dis hoogtyd vir Fietsry in AFRIKAANS…
Mensig maar dit gaan vinnig! Die vorige update was aan die begin van Oktober en in die laaste 2 weke het daar meer blog posts uitgekom as wat daar dae was. Uitstekend. Teen hierdie tempo sal ons SEO lekker spring. En die syfers wys dit. ons kry tans meer as 10,000 unieke besoekers op hierdie website elke maand and dit groei ten ’n snelle pas. So sonder om enige iemand se tyd te mors, kom ons kyk wat het onlangs gebeur in die wêreld van bicycle couriers:
Deel 1 van ons bicycle couriers updates vir Fietsry in AFRIKAANS
- SAVE 30-50% with our Bicycle couriers cost comparison wys hoe ons prys tipies tussen een derde of die helfte goedkoper is as mededingers soos The Courier Guy or DSV. Stuur jou fiets vining en bekostigbaar met bicycle couriers.
- BLACK FRIDAY SALE: quid pro quo wys hoe meer dinge verander hoe meer bly dit dieselfde. Ons gaan nie tydmors met vals advertensies nie. Ons pryse is regdeur die jaar goed. Elke dag, net vir jou.
- Fancy a full DIY IRONMAN® anyone? Is Danie se plan on ‘n DIY IRONMAN® te hou in die nabye toekoms. I love daai idee en kannie wag om dit saam te beplan en uit te voer nie. Geen medaljes. Net vet pret.
- Can I complete a full IRONMAN® in time? brei uit na die bostaande artikels om te kyk hoe haalbaar is hierdie gedagte. En dit lyk relatief maklik. Net ’n bietjie vasbyt. Maar daarvan weet ons goed.
- DEPOTS: bicycle couriers depots are here & there & everywhere! As jy wil weet waar om jou fiets te stuur of deur watter van ons depots dit mag beweeg, loer hier. Onthou, ons het meer as ’n dosyn diensverskaffers, hierdie is net vir 1 spesifieke netwerk.
- Bicycle couriers and THE BIKE GARAGE wys hoe ons begin om tweedehandse fiets wat gekoop en verkoop word te stuur vir THE BIKE GARAGE. Tussen kopers en verkopers regoor die land. Gaan loer gerus na hulle uitstekende reeks van fiets. Teen baie billike pryse.
- OSWALD KYDD: “My goal is to help future athletes achieve their dreams.” Is dit nie wonderlik om te sien wat kan gedoen word nie. Nou het jy nie meer ’n verskoning om by die huis op die bank voor die TV te lê nie… buitentoe!
Deel 2 van ons bicycle couriers updates vir Fietsry in AFRIKAANS
- IT’S ALL ABOUT YOU! With new bicycle couriers service providers verwys na nog ‘n dag en nog ‘n diensverskaffer. Ons doen so goed want ons groei so goed. En hier is nog ’n nuweling wat ingetrek word by ons nasionale netwerk.
- N+1: Bicycle Couriers Newco company details lys ons nuwe bankdetails. So van groei gepraat. Bicycle couriers is nou ‘n tweeling. Beide UNDERCOMPLICATED en BICYCLECOURIERS Edms Bpk’s. En beide by Nedbank.
- DIY cycling trip: TO HELL AND BACK want wat is dan nou beter as ‘n fietsrynaweek saammet jou vriende en familie? IPV om hierdie alleen te doen kan jy dit enige tyd van die jaar doen en jou mense saambring.
- WEEKEND CYCLING: Chapman’s peak, Jonkershoek & Agulhas wys hoe gelukkig ons is. Want waar elders in die wêreld kan jy binne 3 dae by hierdie drie natuurwonders fietsry. Net tot by die mees suidelike punt van Afrika!
- Browse and buy ebikes from these 10+ international options sommer net ‘n ou klompie foto’s ons kry gereeld nuwe inspirasie op UNSPLASH en hierdie is ‘n versameling van ebikes. Wat so kreatief bemark word.
- The moment you have been waiting for: 2026 ABSA Cape EPIC Route! Ons loer na die EPIC roete vir 2026. En spekuleer oor wat gaan gebeur. Twee dae in Montagu. Twee dae in Greyton. Drie dae in Stellenbosch. Uitstekend!
- The MUNGA route and race villages recap want dis weer einde vd jaar. Wat beteken mens mag mos op jou fiets spring en van Paarl af BFN toe trap. En terug. Vir ’n bietjie afskakel in die Karoo.
- FOUND IT: Triathlon Cycles and LIV2RIDE in KZN (and their trail network!) N+1. Nog ‘n fiets. ‘n Neongroen BCM Teammachine vanuit Newcastle na Stellenbosch. Plus ’n hele reeks fietsrypaadjies daar bo.
En dis net die begin van Fietsry in AFRIKAANS
En daar het jy dit, nog 15 artikels wat bykom. Want ’n klip wat rol tel nie mos op nie. Tensy hy deur die wynkelder rol…
Tot volgende keer.
