Stuur jou fiets in AFRIKAANS, met liefde, deur #bicyclecouriers

#bicyclecouriers help graag om jou fiets te stuur, nog altyd ook in AFRIKAANS

Stuur jou fiets in Afrikaans. Vanaf Paternoster of enige ander plek in die land. Ek tik so baie in Brits ek kannie eers meer onthou hoe om die klawers te slaan in Afrikaans nie. Kom ons kyk hoe gaan dit. hieronder is ’n perfekte voorbeeld van hoe om jou fiets te stuur van punt (A) na (B) regoor Suid-Afrika. #bicyclecouriers laai elke liewe weeksdag. En die fietse kan oor die naweek ook hardloop. Bv tussen Slaapstad en Goudstad. Of elders. Voorbeeld volg:

#1 Bestel op bicyclecouriers.co.za

Ek work wakker en loer na die boodskappe. Nog fietse bestel oornag. Terwyl ons slaap kom die nuwe besigheid in. Onder andere was een van die bestellings vir ’n dame van Centurion wat ’n fiets vanaf Kaapstad na haar wil stuur. Want sy en haar man het ingeskryf vir ’n Yesterman. En nou moet hulle wiele kry vir oefen en deelneem. Dis hoe dit gaan.

#2 Fiets word geboks by die naaste fietswinkel

En praat van naby. Die eerste opsie waaraan ek kon dink toe ek die adres hoor was Olympic cycles. Wat net 1.8km vanaf die versender is. Maar toe sien ek hulle is aan Crown cycles se kant. Wat net 900 meter vanaf die versender is. Wonderlik. So al wat gebeur is sy gaan gee die fiets af. Oscar boks dit vir haar (ons). En ons laai wanneer gereed. En stuur jou fiets in Afrikaans.

#3 Bicycle couriers lewer af

Ons gryp die geboksde fiets by die winkel. Gedurende die week. En stuur dit oor die naweek op vanaf CPT na JHB en PTA. Sodat die gelukkig ontvang kan begin oefen. So maklik soos dit. En hierdie gebeur elke lewe weeksdag. Vanaf enige plek in die land. As jy ’n fiets wil stuur kontak ons gerus. Of nog beter. Book aanlyn. Tensy jy vooraf vrae het. In kort, ons stuur fiets tussen enige hoofsentrum vir R799. En die oomblikw at daar ’n buiteperd soos β€˜n β€˜outlying area’ betrokke is verander die koers na R1099. Wat eintlik spotgoedkoop is as jy dit vergelyk met ander diensverskaffers. En hoe kry ons dit reg? Want ons doen baie hiervan. So jy kry die prysvoordeel.

Stuur jou fiets in Afrikaans

So stuur jou fietsin Afikaans. Of Engels. Of enige ander taal in die moderne tyd. Ons help graag. Waarheen kan ons jou fiets vandag stuur?

Leave a Reply